Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
29 September 2025

Marthé McLoud. Bankroof

 

Bankroof

 

Uiteindelik kry Pa en ek plek op ’n nagtoer

by die SAP museum met sy gestolde misdaad.

Ons groep begin by die glaskaste

vol vervalste geld. “Party professioneel

en ander maar desperaat,” sê Pa

terwyl hy in sy skik na alles kyk.

 

Skielik storm daar rowers met balaklavas

en R1-gewere in. Hulle brul bevelend:

“Val plat!”  Ek sien pa se pupille vergroot

soos ’n koedoe in visier.  Ons sak stom

op ons mae neer. Ons monde droog. Die rowers

singel soos leeus uitgehonger vir hulle prooi.

 

Om die beurt hou hulle hul gewere

teen elkeen se kop.  Sekure jagters

as jy sou beweeg.  Ons lê doodstil.

We did not sign up for this

flits deur my kop. Dan onthou ek

ons getekende vrywaringsvorms.

 

Die rowers pluk hulle maskers af en lag:

“Welkom by die Polisiemuseum se nagtoer.”

 

© Marthé McLoud, 2025

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Engtevreesavonture
Marthé McLoud. Faktor 2 – Faktor 50 →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)
  • Anne-Marie Bartie. verskille

Nuutste bydraes

  • Digtersprofiel: Bester Meyer
  • ND Cronjé. dna
  • Miel Vanstreels. Oorleg
  • Koos de Wet. korrosie
  • ND Cronjé. by die roggeveldberge

Nuutste kommentaar

  1. Frik Ziegler on Krige Visser. Aantrekkende naak12 June 2026

    Jou vrou gaan jou donner.

  2. Johann Lodewyk Marais on Johann Lodewyk Marais. Blesbok10 June 2026

    Dankie, Joan. As kind het ek dikwels gesien hoe van die boere om ons met blesbokke boer. Nou en dan…

  3. Piet van Rooyen on Piet van Rooyen. Variasie op Jan Blohm se “Jenny”6 June 2026

    Lyk my dis wat gebeur as 'n kabouter by Kunsmatige Intelligensie inklouter!

  4. Karin on C Fritze. Oorskot van die dag6 June 2026

    Ek verwonder my altyd aan hoe digters en skrywers se gedagtes ver paaie loop om sulke aangrypende gedigte en stories…

  5. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d