Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
16 March 2026

Marthé McLoud. Terugreis

 

Terugreis

 

Ek reis met ’n voorskrifbril

terug na die oranje

wingerde van die Paarl.

 

Vroeër in die kwartaal het jy

jou skoolhemp oopgeknoop,

jou hart uitgehaal en vir my gegee.

 

Ek het dit gebottel

en onder

my koshuisbed gebêre.

 

Na die vakansie breek ek die seël.

Jou hart nog vars, maar

die glas nou te swaar.

 

Ek skuif die bottel oor die tafel.

Jy druk dit terug.

Die glas bly tussen ons staan.

 

Ek kon die bottel nie breek nie —

die skerwe sou net dieper

in my insplinter.

 

Deur die lense van my bril word alles

skerper. Ek sien hoe my hand

steeds om die glas pas.

 

Uiteindelik laat ek dit val —

die vloer het nie gebloei nie.

 

© Marthé McLoud, 2026

 

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Marthé McLoud. Glaskas op vloer 13
Marthé McLoud. Rivierkruising →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Anne-Marie Bartie. kapitulasie
  • Jacques Boshoff. Die hond in Desember
  • Margaret Cordier. Wes-kus Desember
  • Margaret Cordier. Tog
  • Stephan du Toit. Florence Nightingale

Nuutste bydraes

  • Nini Bennett-Moll. Die poëtika van towerspreuke
  • Andries Fourie & Carma Shaw. Heroïse Sonnettekrans – Openbaring
  • Daniel Hugo. Kuns-matig
  • Ilse van Staden. aart poetica
  • Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza

Nuutste kommentaar

  1. Linda on Ferdi Wheeler. Also spreek Spinoza4 November 2026

    Goed bewoord en mooi vloeiende gedig

  2. Marthé McLoud on Johann Lodewyk Marais. Die Kaap, die Swartland en W.E.G. Louw op Stellenbosch3 November 2026

    Hoe bring dit nou herinneringe terug. Dr Roelie van Huysteen was ons buurman en huisdokter op Stellenbosch toe ek 'n…

  3. Joan Hambidge on Marius Crous. Vier gedigte26 October 2026

    Uitstekend.

  4. Versindaba on Marius Crous. Vier gedigte25 October 2026

    Jacobus, "Dr. Swathe" se onvanpaste kommentaar is verwyder.

  5. Etienne on Andries Fourie. Waar die stilte wit is24 October 2026

    Mooi

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d