Artemis 2
NASA was tog te verbaas,
want daar aan die donkerkant
van die maan,
hoor hulle nou dekades later,
hoe eggo nog steeds
deur die verlate kraters
so ontstellend mooi,
die psigedeliese klanke,
die profetiese lirieke
van Pink Floyd:
“The lunatic is in the hall
The lunatics are in my hall.
The paper holds their folded faces to the floor
And every day the paperboy brings more”
© Hennie Nortjé 6/4/26

Die voorspelling word bevestig. Fyn opgemerk en saamgevat!
Baie aktueel steeds. Baie mooi refleksie op ons samelewing.
Pragtig! Die ironie…
Knap gedaan.