Koedoe
Tragelaphus strepsiceros
Die dier beweeg tussen doringbome
met horings wat soos geheime spiraal
en volg ’n voetpad van reuk en klank.
Blare trek hom. Water roep hom nader.
Hy leef in ’n nou kring van oorlewing
en ken nie die vraag na betekenis nie.
Hy dra majesteit, sonder om te dink.
Die veld is eindeloos, horison verborge –
sy wêreld geslote, al is dit hemelwyd.
[D]as Tier ist weltarm. – Martin Heidegger
© Johann Lodewyk Marais, 2026

‘n Baie mooi gedig.
Welgedaan. Grasie sonder dat dit oorlaai word. ‘n Bestaan volkome sonder refleksie.
Beeldskoon