Uiteraard word daar jaloers gewaak oor ontluikende digters wat op die wêreldverhoog opgang begin maak. Twee sulke “jonges” waaroor daar tans baie berig word, en dikwels by die program van internasionale poësiefeeste ingesluit word, is Valzhyna Mort en Ann Cotten. Albei dié digters woon tans in New York en skryf nou in Engels, ten spyte daarvan dat…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Heilna du Plooy. Waar die poësie ‘n digter gaan haal
Waar die poësie ‘n digter gaan haal Deel I Die titel van Jasper van Zyl se bundel Die lewe tussen pikkewyne kom uit ‘n gedig “dit is nes jy daar sê, ja” (p. 20). In die gedig is ‘n spreker en ‘n “jy” saam in ‘n bootjie en hulle trek “silwer vissies” uit die see….
Andries Bezuidenhout. Die son en ʼn ou liriek
Binneblik, ‘n blik die son in. Dis nou wel nie somer nie en Yskor het lankal die fabriek in Pretoria gesluit, maar vanoggend se son van die balkon af het my aan ʼn ou liriek herinner. Dit kom van my CD “Insomniak se droomalmanak” af en vreemd genoeg was hierdie een vir ʼn tydjie op RSG…
Andries Bezuidenhout. Lloyd Ross se film oor landskapskilder Walter Meyer
ʼn Kort dokumentêre film deur Lloyd Ross oor die werk van Walter Meyer is nou op YouTube beskikbaar. Mooi musiek. Oor die film skryf Lloyd: “This is the first film I made. In 1995 I’d just bought my first cam, a Sony VX1000 and went and hung out with Walter Meyer for a week at…
Marlies Taljard: Ernst Wiechert – Märchen
Verlede keer het ek geskryf oor sprokies en bespiegel oor die argetipiese oorsprong daarvan. Ek het ook die bewering gemaak dat sprokies nie deur enkelouteurs geskryf word nie, maar dat dit verhale is wat deur die millenniums heen in die volksmond geleef het. Omdat dieselfde stof oral ter wêreld in sprokies voorkom, het sprokies waarskynlik…
Andries Bezuidenhout. Der Himmel über Berlin
Blykbaar was Rilke se digkuns deels die inspirasie vir Wim Wenders se film Der Himmel über Berlin – in Engels vrygestel as Wings of Desire. Ek het dit jare gelede tydens die kunsfees in Grahamstad gesien. Nick Cave speel ook ʼn rol in die film, waar sy band in ʼn kroeg speel. Maar die rede…
Philip de Vos: Die Sage van Simson Richter
Philip de Vos: Die Sage van Simson Richter Partykeer lewer ‘n boks-uitpakkery allerhande dinge op waarvan jy al lankal vergeet het. En so ‘n uitpakkery vat ook dubbeld die tyd op wat dit behoort, want nou word vergete stukkies en brokkies weer deurgelees, en in plaas van weggooi net weer in ‘n ander boks geplaas….
Louis Esterhuizen. Die gedig as geometrie van betekenis
Die Australiese digkuns is inderdaad ‘n vreemde gedierte op die vlaktes van die internasionale digkuns. Synde bedrywig in ‘n monolinguale kultuur, met ‘n nogal indrukwekkende produksielys daarby, is dit eintlik verbasend hoe min Australiese digters internasionale aansien geniet. Daarom dat Philip Mead se publikasie, Networked Language: Culture & History in Australian Poetry (2008: Australian Scholarly…
