Daar is reeds veel geskryf oor Heilna du Plooy se “Gesprek met die beeldreeks The Hunt van Maureen Quin” wat in haar nuutste bundel, Die stilte opgeskort (2014) verskyn onder die titel Die jag. Die doel van hierdie kort artikel is – soos ek in my vorige blog aangedui het – om die fokus te…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Susan Smith. By die sien: kennisname en kennisskepping
Ek het my die afgelope tyd met ekokritiek en veral ekopoësie doenig gehou en met groot opwinding ’n literatuurkritiese en ekofilosofiese teorieruimte ontdek wat tot talle nuwe insigte lei. Wat my egter veral opval is dat die internasionale kritici hulself meestal met teorie besig hou, terwyl hulle weinig aandag gee aan die toepassingsmoontlikhede binne die…
Gisela Ullyatt. Landskappe, ’n fees en ’n Hertzogpryswenner.
i Die pad tussen Bloemfontein en Oos-Londen is gewoonlik nie al te besonders nie. Lang strekke dor vlaktes, klipheuwels en sonverbrande gras. Eers naby Stutterheim begin dit groener word. Dis die eerste herfs wat ons op hierdie pad reis en populiere word ryp in kordonne goud. Die lig is blouer, meer intens. Die pad is…
Wicus Luwes. Die Universele Tandeborsel
Ek verpes universele vrae. Ek verwys spesifiek na die vrae wat telkemale in my reis deur die kosmos om my brein wentel. Terug by my eie huis of kajuit in die kosmos (ter wille van die universele tema) konfronteer ek my vroulike en pragtige mede-loods met die volgende vraag: “Waar is die skêr wat ek…
Kobus van der Riet. Nie op haar mond geval nie.
So pas na Pase is dit moontlik gepas om aandag te gee aan ‘n Oos-Romeinse digter uit die 9de eeu, t.w. die Heilige non Kassiani, wie se beroemde lied, die sg. Gesang van Kassiani, weer plegtig in Ortodokse Kerke gesing is tydens die Mette van Groot en Heilige Woensdag. Veral in die Grieks-Ortodokse tradisie word…
Marlies Taljard: Hoe vou ‘n mens sy liggaam in die vorms van woorde (Deel 1)
Sedert die vroegste tye het digters en skrywers die behoefte gevoel om konkrete dinge of artefakte as deel van ʼn woordkunswerk te beskryf. Dink maar aan die beskrywing in die Ilias van hoe Hefaistos die beroemde skild van Achilles maak en hoe dit uiteindelik lyk, die beskrywing in Vergilius se Aeneas van die tonele wat…
Wicus Luwes. Bedevaartslied vir ‘n Enkeling
‘n Bedevaartstog of pelgrimstog is ‘n snaakse gedoente om te beplan of om voor in te pak. Die bagasie is eintlik al klaar gepak. Dit moet miskien net afgestof word. ‘n BEDEVAARTSLIED om kwart voor drie en hoe geyk die geheue wat soveel sagter as ‘n gister jul gordyn eenkant toe druk. Op dié reis…
Wicus Luwes. Selfies Vs. Shelfies
‘n Paar bekende foto’s as selfies Wat is die Afrikaanse woord vir ‘selfie’? Een armlengte is miskien te naby om ordentlik te fokus, maar kom ons praat eerder oor foto’s. Die beskikbaarheid van ongelooflike kameras in ons fone, tablette en alle apparate wat met nulle en ene werk, het dit moontlik gemaak om (doen-dit-)selfportrette op…
