Inhoud . Die 2011 INGRID JONKER-PRYS VIR AFRIKAANSE POËSIE Die Ingrid Jonker- Prys. Reglement. (Rules & Regulations) Danie Marais. Mrt. 2011 . . Pryswenners sedert 2011 . 2011 . 2011. Melt Myburgh wen Ingrid Jonker-prys vir Oewerbestaan. Melt Myburgh, wenner van Ingrid Jonker-prys. . 2012 Persverklaring: Beverly Rycroft wen die Ingrid Jonker-prys vir Engelse poësie…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Digstring indeks
Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en…
Tertius Kapp. Goeiemôre Suid-Afrika
Goeiemôre Suid-Afrika Suid-Afrika, jy raas. Ek slaap, voor die TV, ek droom ek is ‘n cowboy, iewers tussen verlede en toekoms, maar jou nuuslesers se leuens maak my wakker. Vanuit my strokiesprent-huis salueer ek jou, Suid-Afrika, en knip sorgvuldig elke oggend my ooglede af in jou stowwerige spieël. Ek kak munte en note, en…
Juan Coetzer. Elegie vir Kalin
Elegie vir Kalin Namens Greyling van Niekerk, ‘n skoolseun Die .22 klap – die apie val dood. Sy sal nie weer baldadig in die bloekombos baljaar nie. ‘n Blouaaptrop is hul voorbok kwyt. Die verskil verstaan ek nie: aap of mens? koeël of mes? bos of Gimmies? Dis dieselfde nekwond. Ons trop is…
Louis Esterhuizen. Kattebak-blues
kattebak-blues ek dink daar’s iets agter in die kattebak ek vermoed venyn van lank tevore met handsak, trui of jas – dalk ‘n noodwiel, gereedskap of ding wat nie werk nie ek vermoed hobbelpaaie van verdwalings, die skuilings teen koue ek dink daar’s iets agter in die kattebak ek vermoed ‘n man in…
Andries Bezuidenhout. Sinekdogee
SINEKDOGEE i am tired, so very tired tired of the hate stare – Wopko Jensma Suid-Afrika, moenie nou met my foeter nie, ek bevind myself in ʼn situation in my kamer vol oorlamse Dorpers en verkeersknope. Jy’t in elk geval moer toe verdwyn & sit met ʼn bek vol skande agter baksteen en klei. Ek’s…
Melanie Grobler. Lemoenbloeisels
Lemoenbloeisels Historical amnesia is a dangerous phenomenon, not only because it undermines moral and intellectual integrity, but also because it lays the groundwork for crimes that lie ahead. – Noam Chomsky –Hopes and Prospects 1. ek dog mirakels bestaan nie meer nie, maar nee sê die vigslyers met ʼn knip van…
Danie Marais. Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud
Suid-Afrika – ‘n rap-sodie op die boud Suid-Afrika, Mzansi, mamma, baby, Delilah, fokkit, definitely maybe jy’t ‘n goue lepel in my wit wiegie gelê ‘n mal siembamba in my are gesê ‘n oranje blanko blou tjek geskryf waarmee ek nou my gat blink vryf Suid-Afrika, District 9, home invader, vaderland, fokop, kolonie, Darth…
