Suiderland-blues Kollokwium, 17 September 2010. Stellenbosch It occurs to me that I am America. I am talking to myself again. – Allen Ginsberg (uit: America) * Suiderland, o Suid-Afrika – land is jy van verplooide dongas en slote land van hoogtes en in jou laagtes die beendere van…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Bibi Slippers. Suid-Afrika
Suid-Afrika Suid-Afrika, ek is op die highway. Waar is jy? Suid-Afrika, 123 kilometer per uur en ‘n onbetaalde parkeerkaartjie, onder die voetbrug wei ‘n trop bokke. Suid-Afrika waarvoor is teer ‘n metafoor? Vlieg in jou moer met jou stukkende flikkerlig! Ek is sagmoedig met intense road rage – jy het ook jou teenstellings. Ek…
Daniel Hugo. veertien reëls vir ‘n wettelose land
DANIEL HUGO Veertien reëls vir ‘n wettelose land “Wat help dit om die misdade hier te noem as die oortreders net so doof is vir die taal as vir die verdoemde moraal?” Die toestand van hierdie verwoeste land inspireer my lankal nie meer tot verse van verset nie. Die era van Breekware vir…
Toast Coetzer. Suid-Afrika
Suid-Afrika Vir jou Suid-Afrika alles en niks; asemhaal. Vir my, twee resepte, R87, mediese fonds- en bankkaart 18 Augustus 2010. My kop is ‘n platgetrapte brood Suid-Afrika, die oorlog, waarom die oorlog teen jouself? Sny jou vingers af met jou los hand. Ek voel g’n goed, voertsek! Ek bloei in my pen in, opgeswel…
Charl-Pierre Naudé. Halleluja-blues vir Mzansi
Halleluja-blues vir Mzansi Suid-Afrika, jy probeer te hard. Waarom nie terugstaan dat almal op grond kan loop wat nie jy is nie of kamstig aan jou behoort? Waar op dees aarde kom jy aan jouself? Skei uit, man. Ons het opgehou om jou raak te sien. Jy vra te veel. Jy dink…
Zandra Bezuidenhout. Pryslied van die tromme
PRYSLIED VAN DIE TROMME Ja, Suid-Afrika, ja! Ja vir die oopsteek van wonde en swere, ja vir die afkrap van rowe, ja vir die uitdruk van die vrot. Ja, dit het pynlik en morsig geword om te offer wat jy vra, dierb’re Suid-Afrika. Maar hoor jy, o droewe land, hoe jou boervolk…
Videos
VIDEOGREPE: Luister na voorlesings van gedigte deur hierdie digters, woordkunstenaars & sangers wat by Versindaba 2007 op Stellenbosch opgetree het. <klik op die foto’s> Die volledige dubbele DVD-stel “Versindaba 2007 – Maak ‘it aan” is beskikbaar by Protea Boekwinkel op Stellenbosch @ ‘n billike…
Die beeldgedig in Afrikaans
INDEKS : DIE BEELDGEDIG IN AFRIKAANS Hierdie indeks lewer oorvloedig bewys dat die wisselwerking tussen gedig & visuele kunswerk in die Afrikaanse digkuns ‘n goed gevestigde tradisie is. Ons wil digters & lesers nooi om hulle ontdekkings aan te stuur na versindaba sodat hierdie lys verder uitgebrei & opgedateer kan word. Kyk ook na die visualisering van die Beeldgedig in Afrikaans hier….
