blink lyn in die diepsee plúk en dit spring selekant in my skuit © Helize van Vuuren, 2021
Category: Kompetisies
Thomas Deacon. vygiebossierooi
vygiebossierooi danslyf teen die klippiesrant jy die hartvreetnooi © Thomas Deacon, 2021
Alwyn Roux. Aardsgodin
Aardsgodin Jou rug is ’n pad wat lei na verre berge deur valleie heen. © Alwyn Roux, 2021
Bester Meyer. mooi my beminde
mooi my beminde wat vrouvas hierdie lente maak dans. Blomfleure! © Bester Meyer, 2021
Bester Meyer. Kaapse vlakte huil
Kaapse vlakte huil − bejaarde vrou oor swart pot − hoe roer mens hartseer? © Bester Meyer, 2021
Helize van Vuuren. Nike van Samotrasië
Nike van Samotrasië gehou uit marmer wat vloei gevleuelde vrou waar is jy nou? © Heliz van Vuuren, 2021
Elisma van Zyl. Jou vrou
Jou Vrou Met ‘n wintershart dit in die somer geplant my boompie vir jou © Elisma van Zyl, 2021
Werner Wehmeyer. winter se grou
winter se grou grys breek sy met haar hande oop sproei reën liefdevol © Werner Wehmeyer, 2021
