reënboogkoek elke sny vat ’n stuk van haar naam dementiapartytjie ©2021 Rachel Kruger
Category: Kompetisies
Rachel Kruger. ontluikende jeug
ontluikende jeug knoppe bars in blomme oop pluk vroeë bloeisels © Rachel Kruger, 2021
Thomas Deacon. santjie weduwee
santjie weduwee wil met jonkman hennie trou kwalik uit die rou * santjie het gebloos toe die wind haar rokkie gryp oprol bo haar kop * hennie sê hoera lekker met die wind gepla sê toe sommer ja © Thomas Deacon, 2021
HF Nortje. Burkas
Burkas Oë vol vrese word my vroue ooit dan vry sug Afganistan © HF Nortje, 2021
Loftus Marais. Sterre
M.C. Escher. Stars, 1948. Sterre die geheimenis se vorm kan presies vermeld word maar die inhoud is altyd iets grilleriger die gesigte van verkleurmannetjies: bitter wysheid en die geduld daar’s twee waarhede: die een van die stert (vashou?) die een van die tong (as papirusrol?) die sfere se…
Joan Hambidge. Hande wat teken
Hande wat teken M.C. Escher 1948 Die linkerhand weet oënskynlik nooit wat die regter een nie reeds weet nie; omdat die onbewuste (soos Jung kort hierna sou uitwys) die scintillae as idee, iets van die mundi future seminarium naboots, nateken, belig, voorspel. On the nature of the psyche van Carl…
Essie Cloete. Wind
Wind Augustus vaal wind vrou vang silwer sterre © Essie Cloete, 2021
Essie Cloete. Geel
Geel Vrou droom Canolavelde geel sielsglimlag © Essie Cloete, 2021
