I Ironie is een van die belangrikste merkers van ‘n gedig. Maar waar presies vind die leser dit in die gedig? Hoe weet ons die digter is ironies? Of sarkasties? Linda Hutcheon in Irony’s Edge: The Theory of Politics of Irony het in 1994 verskyn. Met ‘n dogtertjie wie se voete oor ‘n afgrond…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Lina Spies Deel I
I In Die skyn van tuiskoms – ‘n Keur (2010) verskyn hierdie vers van Lina Spies: Naderende winter Die herfs kon ek nooit rym met treurigheid en dood nie: daarvoor het die kleuregloed in die bome en die oorstelpende blou van die lug my nog altyd te veel verruk. En die strakheid van…
Joan Hambidge. Die kort-kortverhaal en die digkuns
I As die kwatryn die kleinboet van die sonnet is, is die kort-kortverhaal verbind aan die digkuns. In 1989 debuteer Zirk van den Berg met Ekstra dun vir meer gevoel, een van daardie debute wat ‘n mens steeds weer en weer kan lees. Daardie verhale oor die onheilige waarheid. Of “die waarheid gelieg” (T.T. Cloete)….
Joan Hambidge. Digterlike verraad, ontrouheid, troueloosheid
I Betrayal: Power, Deceit and the Fight for the Future of the Royal Family deur Tom Bower is ‘n boek oor die Britse koningshuis. Dit fokus op die vertrek van Meghan en Harry. Skaars was hierdie boek gepubliseer toe was daar woedebuie van die geskryfdes, die Duke and Duchess of Sussex, wat die biograaf…
Joan Hambidge. Ernst van Heerden se sportgedigte
I Op 19 Maart 1993 – ‘n dag voor sy 77ste verjaarsdag – het die Universiteit van Pretoria se Sportburo die digter Ernst van Heerden vereer met ‘n spesiale toekenning vir al sy sportgedigte. ‘n Eenmalige oplaag van hierdie bundel is deur Tafelberg uitgegee. 350 genommerde eksemplare met gedigte in hand geskryf. Ek besit…
Joan Hambidge. Nommer 150: Die dubbelsinnige huldeblyk
I Die digter Ernst van Heerden (1916 – 1997) het altyd spottend na homself verwys as ‘n major minor poet. Tog is hy telkemale bekroon én vereer met eregrade. Hy ontvang die Hertzogprys tweekeer: in 1962 en in 1975. Eers vir sy bundel Die klop (1961) en dan vir Teenstrydige liedere (1972). In 1991…
Joan Hambidge. Digterlike taal in die prosa
I The only book that is worth writing is the one we don’t have the courage or strength to write. The book that hurts us (we who are writing), that makes us tremble, redden, bleed. ― Hélène Cixous Soms verskyn daar ‘n roman wat ‘n leser daaraan herinner hoe arbitrêr die grense tussen…
Joan Hambidge. C.M. van den Heever
I Kanonisering van skrywers wat sowel digters as romanskrywers is, blyk immer kompleks te wees. C.M. van den Heever ontvang die Hertzogprys in 1928 vir Die nuwe boord en in 1942 vir Laat vrugte. Somer is ‘n besonderse boek waarin ons die wandelaar ontmoet met sy donker geheim. Plaaslewe, die natuur, uitmergelende werk en…
