Gedurende hierdie afgelope Januarie het Suid Koreane gebibber in rekord koue, en kon jy mense hoor vertel dat dit die koudste winter in menseheugenis was. Temperature was vir weke rondom minus twaalf, minus vyftien grade. Mens kon nie ‘n neus uitsteek uit die huis sonder om eers gepantser te raak in musse, serpe en handskoene…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Marcelle Olivier. Krieketspelers op die dak, en ander brokkies
Nuus uit Indië: Krieketspelers op die dak, en ander brokkies Daar is ‘n groep van sewe Sikh-mans wat krieket speel op ‘n half-voltooide dak wat ek vanuit my studeerkamer-venster kan sien. Die veldwerkers staan gebukkend in ‘n halfsirkel omtrent 5m weg van die kolwer wat met oorbodige swierigheid die bal grondlangs, so tussendeur almal se…
Marie-Alice Boshoff. Alice Nahon
Die Vlaamse digteres se toeganklike eenvoudige gedigte was tydens haar lewe en na haar dood baie gewild in Vlaandere en Nederland. Alice het nie `n gemaklike lewe gelei nie. Sy het `n slegte gesondheid gehad en was gedurig siek. In haar gedigte gee sy uiting aan haar eensaamheid, haar soektog na geluk en haar geloof….
Onderhoud met Daniel Hugo
Onder die appelboom Daniel Hugo in gesprek met Louis Esterhuizen Daniel Hugo is op 26 Februarie 1955 op Stellenbosch gebore. Hy gaan skool op Greyton en in Windhoek. Daarna studeer hy aan die Universiteite van Stellenbosch (BA (Hons)), Pretoria (MA) en die Vrystaat (DLitt). Op Stellenbosch was hy ‘n lid van D.J. Opperman se…
Jan Deloof: Wat het geword van Peter Blum?
Jan Deloof, geboren te Zwevegem op 7 mei 1930. Gehuwd, drie kinderen, drie kleinkinderen. Studeert Grieks-Latijnse humaniora aan de Sint-Amandscollege te Kortrijk (1943-1949). Gepensioneerd sinds 1.2.1990. Vroegere loopbaan: – feb.1950 – dec.1963: klerk bij de toenmalige Bank van Brussel, Kortrijk, – jan.1964 – jan.1990: werkzaam bij de N.V. Bekaert S.A. te Zwevegem, achtereenvolgens in…
Eben Venter. Geheim van die Rus
Die enigste Rus wat ek so bietjie leer ken het was ‘n historikus met die naam van Leonid Zhmud. Ons was saam in die eetkamer van die Nederlandse Instituut vir Gevorderde Studies (NIAS) naby Den Haag en die ete was ‘n Indonesiese rystafel. Toe hy hoor ek is ‘n skrywer, vra Leonid of hy ‘n…
Danie Marais. Skrywers en moraliteit
Skrywers en moraliteit Danie Marais Verlede jaar probeer ek vir Ronelda Kamfer – ‘n jong digter wie se werk ek aangrypend vind – oorreed dat N.P. van Wyk Louw se poësie onontbeerlike leesstof is. Haar antwoord? “Jy weet, Danie, as ek aan daai ou mannetjie en sy houdings dink, kan ek net nie meer lees…
Onderhoud met Melt Myburgh oor die komende Woordfees
Elwe & Selwe – En kuier kán die spulletjie! Louis Esterhuizen gesels met Melt Myburgh, Woordfees se Woordkunsprojekbestuurder Melt Myburgh woon op Stellenbosch en werk by Woordfees as Woordkunsprojekbestuurder. Hy het langs die Oranjerivier op Karos naby Upington grootgeword. Nadat hy in 1992 ‘n M.A.-graad in Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Stellenbosch verwerf…
