( met verlof en dank aan Breyten Breytenbach) Paginering van ‘n Aprilpsalter April is ‘n boek met dertig jubbelbloublaaie. Elkeen is genommer en getitel vir die spesiale dag se gang. Op die eerste blad is ‘n vreugdelied opgeteken wat in golwende verse hulde bring aan die natuur se oopmaakeskepades. April is ook ‘n maand van…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Leon Retief. Die espebome van Alticane
Espebome, ook bekend as trilpopuliere of in Engels “shaking or quaking aspens” is ongetwyfeld van die mooiste bome in die wêreld en kom wydverspreid voor in Europa, die VSA en Kanada. Die bome word so genoem omdat hul blare selfs in die ligste briesie ‘n bekoorlike bewende dans uitvoer. In die herfs verkleur die blare…
Duskant die donker / Before it Darkens – Cas Vos
Bekendstellingstoespraak (Boekbekendstelling: 13 Maart 2011) – Marthinus Beukes Teen die duur van nánagstilte en donkerte in Paradoksale bestaansaspekte of polariteite genereer spanning wat dikwels prikkels vir die digtersambag is om tot balans te probeer dig. Donker en dood plaas die soeke deur kunstenaars na lig en lewe op die voorgrond. In Vos…
Leon Retief. Oor katderms, vernis en boomringe
Stradivarius Stradivarius, Guarneri, Amati… die legendariese viooldinastieë van Cremona, makers van gesogte instrumente (ook altviole en tjello’s) wat al vir eeue deur virtuose bespeel word. Intensiewe navorsing is al gedoen oor elke denkbare aspek van hierdie instrumente – wat is dit wat bydra tot hulle klank? Wat behalwe die vorm speel ‘n rol, is dit…
Eben Venter. Laurie Anderson – einde van die Amerikaanse Wêreldryk
Die distopiese storie is die storie van ons tyd. Dis nie ‘n nagkappie wat almal voor slapenstyd wil vat nie. Aan my maak dit niks nie. Ek bedoel: dit stem my nie morbied nie. Laurie Anderson, daardie immer vernuwende digter-sanger, gaan ‘n stap verder. In notas by haar nuutste album, Homeland, skryf sy dat baie…
Egonne Roth. Die betekenis van nêrens
U moet my maar vergewe as ek nog nie gereed is om die Jerusalem International Book Fair agter te laat nie. Of dalk is dit net die Litvaks wat my by bly en met wie ek konstant in my gedagtes in gesprek is. Op soek na Olga Kirsch se voorsate kuier ek in elk geval…
Lize Viljoen. Skreiende Tsunami in Japan
Verlede Vrydag ongeveer half een die middag het ‘n 8.9 punt op die rigterskaal aardbewing aan die kus van Japan ‘n tsunami golf van ongeveer tien meter veroorsaak. Gisteraand vind ek myself (vier dae na die gebeure) nog steeds vasgenael aan die rekenaar om weer en weer te soek na nog nuus oor wat in…
Hennie Aucamp. Hubert du Plessis, woordmens
Although my known profession’s been that of musician the allurement of words intensely shared my mission : Hubert du Plessis Hubert du Plessis Hubert du Plessis is op 7 Junie 1922 op die plaas Groenrivier in die distrik Malmesbury gebore. Op sewejarige ouderdon het sy klavieronderwys begin terwyl hy op skool op Porterville was, waar hy…
