Die konkreetheid van verlies Andries Samuel in gesprek met Louis Esterhuizen Andries Samuel Andries Samuel het grootgeword in die Vrystaat waar hy verskeie pryse vir kreatiewe skryfwerk as hoërskoolleerling aan Grey Kollege gewen het. Hy verwerf ‘n BA Argitektuur-graad en ‘n B.Arch nagraads aan die Universiteit van Kaapstad. Tussen grade werk hy in…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Daniel Hugo. Hoe vertaal ‘n mens Kaaps?
Inleiding tot‘n Adam Small vertalingsgesprek. Dit het deel gevorm van die “Jakes Gerwel Gesprekkereeks” van die jaarlikse Suidoosterfees en het plaasgevind by SASNEV op Donderdag 27 Januarie 10:30 tot 12:30 onder die voorsitterskap van dr. Daniel Hugo. Die ander deelnemers was prof. Ilse Feinauer, Robert Dorsman en Ria Olivier. Ek wil hierdie gesprek oor…
Frances Lubbe. Die koms van die Kindle
Een van die mees opvallende en herhaalde advertensies in Londen se moltreine met die aanloop tot Kersfees was van ’n Kindle toegedraai in ‘n feestelike strik onder ‘n Kersboom. Amazon se E-boek leser is tans die webwerf se topverkoper, wat beteken dat daar meer Kindles verkoop word as die laaste sarsie van Harry Potter. Die…
Ilze Gertenbach. Die moontlike terapeutiese waarde van skeppende werk
Opsomming Digters verklap met hulle woordgebruik en simboliek wat in hulle onbewuste aangaan. Sielkundiges en taalkundiges het sekere aspekte van digters met depressiewe neigings se taalgebruik nagegaan en sekere patrone gevind wat hiervolgens bespreek word. Die sogenaamde “terapeutiese waarde” van kreatiewe werk word ondersoek aan die hand van ‘n groep uitmuntende kunstenaars. Die slotsom…
Cas Vos. ‘n Gesprek oor ‘n Sonnet.
Rainer Maria Rilke se vyfde Orpheus Sonnet, Deel 11, en Johann de Lange se omdigting. Cas Vos Rainer Maria Rilke verbind ʼn reeks sonnette met Orpheus wat sleutels bied om die sonnette te ontsluit. Rilke se sonnette is rondom die Orpheus legende gebou. Die legende is reeds deur hom benut in sy…
Marcelle Olivier. Betekenis in ‘n platoniese verhouding
Gedagtes uit Indië: Die betekenis in ‘n platoniese verhouding Om mee te begin ‘n gedig deur die liriese skrywer en digter Gulzar, gebore in 1934 in ‘n deel van Indië wat nou in Pakistan lê. Sy poësie is vol van aardsheid, sensitief en netjies vertolk, en hy is bekend vir ‘n sterk visuele fokus op…
Lize Viljoen. Gedagtes in die Nuwe Jaar
Die brug na die nuwe jaar, die aftelling na twaalfuur het hierdie jaar vir my plaasgevind binne die “black box” by die Samsung Leeum Kunsmuseum in Itaewon, Seoul. Die woorde: Herrineringe van die toekoms is braaf in neon teen die een buitenste muur, en ook by die uitstallingruimte waar die projek, “The Clock”, van Christian…
Joan Hambidge. Versindaba-kroniek 2010
Die gedig as kleitablet, sakrament of sms Joan Hambidge I Agtergrond: Die jaar 2010 het ʼn hele gerf goeie bundels opgelewer en in hierdie oorsig fokus ek hoofsaaklik op solo-bundels. Daar is uiteraard die Nuwe stemme 4-reeks, wat uitvoerig bespreek is op die blad (1) en die Versindaba-bloemlesing. Lina Spies se keuse uit…
