Roméo Dallaire, They Fight Like Soldiers, They Die Like Children, Random House Canada, ISBN 978-0-307-35577-5. Luitenant-generaal (afgetree) Roméo Dallaire, tans senator vir die Liberale Party van Kanada, was in die middel negentigerjare van die vorige eeu bevelvoerder van die Verenigde Nasies se vredesmag in Rwanda, waar sowat 800 000 mense binne die bestek van ongeveer…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Gustav S. Preller (1875-1943): ‘n Profiel
Johann Lodewyk Marais 1. Inleiding Gustav S. Preller (1875-1943) was ‘n veelsydige mens en het ‘n prominente rol as artilleris tydens die Anglo-Boereoorlog, taalstryder, joernalis en koerantredakteur, literêre kritikus en geskiedkundige gespeel. In heelparty gevalle was sy invloed die grondslag en prikkel vir verdere inisiatiewe binne die Afrikaanse kulturele wêreld. F.A. van Jaarsveld…
Lize Viljoen. Die eerste skote van winter
Sterk skemer vanaand wagtend op die nommer 3 bus, wat teen die bult op loop, die bome by die militere basis oorkant met hul dun swart stamme vreemd gegroepeer takke teen die lug, amper soos faksies, afgetakel met hul opgeskorte rantsoen van blare. Op die sypaadjie langs my het een op die bal van sy…
Frances Lubbe. Ysfees
Dis die vroegste en ergste ‘cold snap’ in ‘n baie lang tyd in Groot-Brittanje, met dagtemperature onder vriespunt hier in die suid-ooste, en ‘n ondenkbare minus 20 in die Skotse Hoogland. Die hele land bibber en beef. Die Britse media is op hul normale half-histeriese trant besig om die voortbestaan van die land soos ons…
Lize Viljoen. Is daar ‘n toekoms in Suid Korea?
Sedert die Noord Koreaanse aanval op die eiland Yeongpong aan die weskus van Suid Korea, is die vraag op almal se lippe, “Is dit nog veilig hier?” Ekself is glad nie ‘n politikus nie, maar hoop, soos die meerderheid dat die oorheersende vrede behoue sal bly. Die George Washington, http://en.wikipedia.org/wiki/USS_George_Washington_(CVN-73), Amerikaanse vegvliegtuigskip is alreeds sedert die…
Ilze Gertenbach. ‘n Jungiaanse interpretasie van bome …
‘n Jungiaanse interpretasie van bome in die poësie van Sylvia Plath en Karin Boye deur Ilze Gertenbach Ilze Gertenbach het aan die Universiteit van KwaZulu-Natal (PMB) studeer en in 1997 ‘n BA Hons (Afrikaans) voltooi. Daarna het sy by ‘n paar uitgewersmaatskappye gewerk voordat sy besluit het om vryskut-vertaler te word. In…
Frances Lubbe. Terugdink
Dit is ‘n Koue Remembrance Day in Londen. In die park skiet die buurt se kinders oorskot Diwali-klappers die hoogte (en skuinstes) in. Met toe oë en sonder die vonke klink die vuurwerke se gekerm dreigend, en mens kan jou amper verbeel jy’s terug in ‘n vroëere Engeland, waar bomme met ontstellende reëlmatigheid oor Londen…
Kwiksilversingend (Antjie Krog)
Daardie moment wat ‘n versreël volloop in klank Jooris van Hulle (Hierdie artikel verskyn in die jongste uitgawe van Poeziekrant ; nr. 6, 2010) Antjie Krog, Hoe zeg je dat (vertaling Robert Dorsman en Jan van der Haar), Amsterdam, Podium, 2009, 159p., € 19,50 Met haar in het Nederlands onder de titel ‘De kleur van…
