Die dag toe my hond vra ek: hoe skryf jy ‘n gedig oor ‘n hond as soveel digters, lewend en dood, dit alreeds voor jou gedoen het? Hoe skryf ‘n digter oor ‘n dier wat meer mens dog minder hond was as die meeste rondom ons; iets verklap van die krake…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Willem M. Roggeman. Iets in de verte
IETS IN DE VERTE Een dichter helpt de woorden overeind, schrijft er zijn lichaam in het groen over en luistert naar de ademhaling van de zee die welsprekend ruist in al zijn ervaringen. Want het vergt heel wat vergankelijkheid om luid in zijn eigen stem vast te roesten, om weer licht te worden…
Neil Cochrane. Sessie by tant Hessie
Sessie by tant Hessie “Broer, hoe gaan dit nou met jou gemoed?” Holderstebolder, liefste Tante, eerlikwaar, veral smôrens is trawal en traan graanvlokgewroeg groen koring op my niemandsland mandolientjiemalheid vloekend verskree ek die Ruiter in die Nag sy boude ry swaar op my: fee-fi-fo-fum ek tap die bloed van ’n weerlose man….
Ilse van Staden. Somerlied
Somerlied By Summerland Point swem eende generies op ʼn dam, die water ʼn onvoldoende spieël vir uitgereënde wolke, flets lug. Miskien sal ʼn kiewiet later sy vere in die klam wind skik en pluis sodat ek met geskreefde oë my kan verbeel ek is vir ʼn oomblik weer jonger en tuis in Afrika:…
Ilse van Staden. Somer in die Waterberg
Somer in die Waterberg (vir Marcella) Eenmaal het jy gevra dat ek die somer as ʼn haikoe skryf, die woorde het jy self verstrek: wit vlinders wat deur warm dae dryf, wit vlinders in die Waterbergse somer asof dít vir jou die essensie was (jy was maar altyd ʼn dromer!) wat ek…
Neil Cochrane. Pas de deux
Pas de deux vir Roelf Al besit ek Starbucks op alle lughawens en winkelsentrums bruis alle riviere met warm sjokolade en ravyne vul op met miljoenêrspasta sal jy my nooit weer vergesel en proe jou gunstelinge na niks. Al slaap ek elke nag met nog ʼn man of tien tegelyk, stort…
Albi Prinsloo. Slaaptydstorie
Slaaptydstorie Vertel vir my ‘n storie Kaapse laataand woorde soos sandspore op die strand. Oor Florence se Ponte Vecchio beloftes op die nessiebrug vasgeslot vir skemertyd-onthou. Vertel vir my ‘n sprokie van sneeubedekte bergstrome rotsstrande en slingerpaaie nes die kaartlyne van jou lyf. Want jou hande is my tuiste en jou hart…
Neil Cochrane. Grawelsteen
Graweelsteen Ons grootste digteres verwys tydens ’n internisbesoek na haar “nederige niere” Opperman vergelyk sy urien met “bruin boontjiesop” na vergiftiging deur oksitetrasiklien in een van sy beskonke verse spog die spreker: “ek sjê: ek vang vyf pisje”. Tog vind ek nêrens ’n gedig oor klipgeboorte en die skerphoekige klont in my…