Asklepios skryf voor Geleerde lyfartse, misken nie langer my versinnebeelding deur daardie gladdebek boodskapper se towerstaf met sy twee bronstige adders en daardie vieslike vlerkding waaronder hulle fornikeer prykend foutief in julle spreekkamers op letterhoofde van julle verenigings selfs op die rekwisiete van McDreamy en McSteamy die beneukte House vir die hele volk…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Albi Prinsloo. Onthou
Onthou Begrawe my in die populierbos op die oewer van die stroom tussen knoppiesblaar varing en klipmos; waar die Suiderkruis oor die koppie hang en die jakkals kwartmaan nag na sy maat verlang. Begrawe my op die kam van die berg waar veldkombers turksvy en maroela dra; waar ons bakhand bid en altydmaar…
Dietloff van der Berg. Graaff-Reinet
Graaff-Reinet O Heer, laat na ʼn lang, verbrande reis daar eensaam uit Vallei Verlatenheid U koel Karoowind in die aand bevryd my kom verlos van kwellings, been en vleis. U liefde en genade is so groot; die Pastorie laat rank die wingerdstok wat blaarverkoel met vrug die mens verlok tot stook…
Albi Prinsloo. Facebook
Facebook My niggie bly in my iPad my kamermaat in Chennai my skoolvriendin in Alaska en my sus in Walvisbaai. Saans kuier ons deur herinneringe, soos geënte lote op ‘n tak. Duimpie alledaagse momente; terwyl ons woordbrûe bou maar breek stukkies tyd en afstand af. Met elke foto reis ek saam op vakansie,…
Neil Cochrane. Anne Boyer vaar uit
Anne Boyer vaar uit In my case, however, cancer messed with the right bitch. Skrik wakker, gefolterde vrou kreefgewas en chemodrup waarborg geen gelyke susterskap net jou witgekalkte lyf en die rooiduiwel se kotsende hel. Ruk jou Your Oncology Journey aan flarde en strooi dit soos konfetti oor die uitskopstoele van…
Hannes Visser. Versoek
Versoek moet my asseblief nie eendag só laat wag nie op ‘n traliebed, bedek met ‘n jurk in ‘n grys kamer van ‘n grou gang en fyngedrukte piesang en jogurt met ‘n plastieklepel en babataal deur ‘n deugtelike versorger in ‘n rolstoel in ‘n skemerkamer met vuilbruin sunfilter gordyne en televisiebeelde…
Dean Els. Somerlandskap
Somerlandskap In die wintertye van die berg se piek, Verdwaal hy in ‘n donker see van verdriet, Die lug is swaar en die sneeu sag, En die donker skaduwee het sy piek verward. Maar deur die storm van sy winter, Soek hy na lig in elke klein oomblik, In koue wind, ‘n…
Dietloff van der Berg. Stellenbosch 1970
Stellenbosch 1970 Son spatsel deur akkerblare en sonbesies sing, want nat stewels en koue Kaapse weer is verdring; nou stap ek ontgrens na filosowe se voete oor die grensoorlog se doodslag en vernietiging. © Dietloff van der Berg, 2023 Remember that the AVBOB Poetry Competition reopened on 1 August 2023….