longyearbyen al stam ons almal af van van riebeeck se standbeeld in die heerengracht koue brons deur eeue bewaar soos ’n voc-argief bevrore is daar ook nog willem van die barentszsee op sy derde noordreis in 1596 met die witte swaen ontdek hy die nuwe land niemandsland spitsbergen eilande van ysgrond svalbart…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Dan Roodt. liefdesgedig vir wikinge
liefdesgedig vir wikinge lank lank gelede toe die sterre nog sterre was die suiderkruis nog onbekend klief ons voorouers se boeë die golwe geskiedenis sproeireën in letters op ons gesigte soos uit oppermaan se nartjie in hierdie ondermaanse vra ek in noord-germaans vir my bruinooggade sal jy vir my ’n seun baar…
Sanko. Voorwaarts!
Voorwaarts! Die seile—slymvliesglim—bult bol: waai wind, jaag my en my skif na daardie rand waar die drake is. Ek en my tuig sal daar lanseer, ons seile tot vlerke horisonteer en in geloof en hoop oor die aardsgrens duik die diep, fluweeldonker ruimte in waar geen aardsgravitasie ons beperk nie, en geen goewerment…
Caren Kearley. Breekpunt
Breekpunt Ek staan by ՚n kruispad êrens op ՚n grondpad die onbekende vou voor my oop soos ‘n onleesbare padkaart niks en niemand roep my selfs die stem in my kop is stom die wind wat binne draai wys ook geen rigting aan die sak op my rug raak swaar en ek…
Caren Kearley. Efemeer
Efemeer Die wentelende storm sif sand soos ‘n uurglas teen die horison van ‘n rooisandduin af waar tyd hier met versugting vervaag net warm mirages efemeer soos asems teen ‘n ruit wat jou die verte in lei met kronkelpaaie van grond en wind wat sonder belofte aanhou strek jy ry die vlaktes…
Caren Kearley. L’appel du vide
L’appel du vide (Die roep van die afgrond – ՚n laaste brief aan my jonger self) Ek kyk af na my hande een-en-vyftig jaar later sien ek die letsels ek onthou my laaste kaalvoet modderdae, die klein wilde dogtertjie wat soggens wakker geword het sonder gister se skaamte of môre se gewig. …
Elisma van Zyl. Reisiger op soek
Reisiger op soek Die kompas van my siel neem my Noord verby die bekende Suid verby die grense van tyd ‘n Reisiger op soek na ‘n misterieuse plek wat die melkweg bedek met sterstof van my bloed Die kompas van my siel neem my Suid tot waar ek Hom vind net…
Joan Hambidge. Advent
Advent Digby Jerusalem teen die Olyfberg beveel Jesus twee dissipels om ‘n donkie en ‘n vul te kry; nederig dog triomfantelik oor ‘n pad van palmtakke gery met Hosannas vóór die kruisiging. Hoe vier ons die Adventus Domini op die eerste Sondag met die intog tot die koms van die Verlosser? Op…
