From where I stand Michéle Nigrini van hier waar ek staan lyk daai blom darem baie erg rooi selfversekerd en bloeddonkermooi groter en groter spiraal dit uit die grys skulp kroonblare vlesig oop om klein venynige stampers beter te wys sodat verslae groen langbeen gevlerktes hinkepink wegloop die wit ewigheid in platgeslaan en sonder hoop…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Krige Visser. Palinode
palinode die dame Godiva en die perd John Collier sou haar blind moes verf want kaal mag niemand haar sien net die loervink sou mag koekeloer totdat Breyten haar anders tooi alsiende dan, soos Stesichorus nou sal wens: haar perd wissel gedaante hy gallop stokskuimerig die skeppingsheelal binne Breyten se dekonstruksie vel ʼn ooglose saal…
Andrea Sieberhagen. Bekers vol soetwyn
Bekers vol soetwyn Mariëtte van Velden se Innie skylte vannie Jirre: Spreuke 21:17 Sondagsonlig kwyn. Tenger kopdoekvrou sonder naam staan in die deurkosyn geraam. Haar hande wroeg en wring oor die ding wat onvrede bring. Haar oë verwyt. Te veel tyd. Te min werk. Die lande bly droog soos die kerk se oog. Blikbekers vol…
Joan Hambidge. Altyd lig
Altyd Lig Maggie Laubser ‘n Skildery onvoltooid gevind met jou afsterwe op 17 Mei 1973. In ons huis in die yskoue Standerton hang prente en sketse: van my vader, van jou suster Hannah en sélfs dubbelportrette. Op die vele ongeraamdes krabbeltjies agterop. Ma weier om hierdie skilderye “te leen” veel, veel later vir ‘n historiese…
Marthé McLoud. Iewers
Iewers Na Nicole Pletts se Somewhere Iewers tussen gister en nou vloei die blou skaduwee van onthou soos ‘n waterstrook agter ’n skip al verder weg. Die geheue raak wasige blou ink in die water en verdwyn in die voue van die verlede. Dele weet dryf weg en word ingesuig deur die draaikolk van vergeet….
Jakes Möller. Tweespalt
Tweespalt ons sit sy aan sy en stry, ek en hy hy die linkerbrein ek die regterkant wispelturige wederhelftes onder ‘n halfmaan skedeldak hy vertel my nie die helfte nie ek hou ‘n halwe waarheid voor ons is halfbroers hot en haar sy aan sy aan stry ek en hy © Jakes Möller, 2025
Elmarie Stofberg. Ewige kind
Ewige kind in kinderoë die ewige verloor van grootmensoorloë © Elmarie Stofberg, 2025 https://rupertmuseum.org/collections/stern-irma-die-ewige-kind/
Hennie Maartens. tydelik
tydelik in kinetiese aksie het hulle in die buiteland beland verdwaas staan hulle in washington gestrand waar vreemdelinge met hulle praat verward kyk hulle rond met ‘n ander land se vlaggies in hulle hand was hulle die eerstes wat hulle geboorteland verlaat aan die begin van die twintigste eeu het boere na argentinie…