Na Ginsberg Met ‘n opgerolde pienk mannetjies-leeu uit my gatsak snuif ek jou lyne op, Suid-Afrika. Trek ek diep aan die reënboog agter tralies. Brul ek van plesier! Brul ek, want Jesus min my lot ook salig hier. Al is ek ook swak en blind van rowers wat my vrou in die nag uit…
Category: Gedigte
Die Gedigteblog plaas Afrikaanse, Nederlandse en Vlaamse gedigte. Digters wat reeds gepubliseer het by ‘n gevestigde uitgewer, kan ‘n ongepubliseerde gedig na Versindaba stuur.
Indien jy ‘n uit die Lae Lande is, stuur asseblief een of twee gedigte saam met ‘n kort biografie van ongeveer 10 reëls daarby vir bekendstelling met die eerste plasing. Alle gedigte word gekeur. Biografiese besonderhede vir Afrikaanse digters is nie nodig nie. Digters wat in die reeks Nuwe Stemme gepubliseer het is welkom. Kommentare sal oop gelos word by die gedig om interaksie te stimuleer, maar indien jy verkies, kan ons die kommentaarblokkie sluit.
Pieter Odendaal. noord-namibië
noord-namibië duisende klippe lê rondom ons soos nuuskierige oë kafferbrak sê pa deur sy baard as ons verby ’n padstal ry die geribde dier vreet aan ’n droë akkedis ovambo’s kyk grootoog na ons bakkie ’n seuntjie draf angstig nader om ons uit te nooi pa kyk stip voor hom pa …
Leon de Kock. Vat dit (oftewel, take it like a man)
Vat dit (oftewel, take it like a man) Vat dit Vat dit net Vat dit bleddie alles, Suid-Afrika Suid-bleddie-Afrika Dis tog jou manier Jy laat mense hier instroom En alles vat Hulle vaar sommer hier in En vat als wat hulle sien So nie, maak hulle die mense dood Skiet hulle die mense Maai…
Sara Dias. Die langste woorde in Suid-Afrika
Die Langste Woorde in Suid Afrika gelykheid trippetrappetrone soos die ballerina op ʼn speeldoos: voornemens pragtig, maar goedkoop en sentimenteel – eentonige klaagliedere is vir saamsing, dit wentel om die waarheid, vasgehaak in een groef van kwaad en kleur, en al wat ons ken is die dryfveer maar weer opwen – soos Haydn se “Sewe…
Jannie Malan. Suid-Afrika
Suid-Afrika Jy is ʼn taxi wat jou lyf BMW wil hou. ek sal soos ʼn wafferse akrobaat op jou kar se enjinkap wil spring jou styweskouer agter jou stuur laat versteen en van voor af, reg van voor teen jou vuil motorruit met ʼn vetpunt viltpen in groot screechy letters skryf …
Philip de Vos. Sepie-tyd
SEPIE-TYD Tant Bettie sê: “Ek is bevrees ek gaan nie meer koerante lees. Elke dag is daar verkragting, moord en brand en boereslagting. Ek verkies my lekker sepies bo ‘n lyk geruk aan repies. Gee my liewer Isidingo as ‘n moord in Isipingo.” © Philip de Vos. Okt. 2010 …
Pieter Odendaal. 16 Desember 2009
16 Desember 2009 op pad see toe het mdantsane se pondokke soos alles tevore ongesiens verby die vensters van ons double-cab geskiet sus was karsiek en ooms op rsg het oor geloftedag gestry iewers was ’n ongeluk daar voor ’n taxi omgekeer op die teer ons moes wag iemand het langs…
Louis Esterhuizen. Suiderland-blues
Suiderland-blues Kollokwium, 17 September 2010. Stellenbosch It occurs to me that I am America. I am talking to myself again. – Allen Ginsberg (uit: America) * Suiderland, o Suid-Afrika – land is jy van verplooide dongas en slote land van hoogtes en in jou laagtes die beendere van…
