Daniel Hugo gesels met Bernard Odendaal oor sy nuutste digbundel Daniel, Takelwerk is jou vyftiende bundel eie gedigte as ’n mens jou debuut saam met drie ander digters in Brekfis met vier 34 jaar gelede in ag neem. Dit beteken ’n gemiddelde van amper een digbundel elke tweede jaar. Dit getuig van…
Category: Onderhoude
Gereelde onderhoude word gevoer met digters wat ‘n nuwe bundel gepubliseer het. Daar is ook soms onderhoude met buitelandse digters of letterkundiges. Kyk na Indekse indien jy die volledige lys wil sien van onderhoude wat geplaas is.
Onderhoud met Joan Hambidge (Matriks)
Joan Hambidge gesels oor haar nuwe bundel Matriks met Gisela Ullyatt. (GU) Baie geluk met Matriks, Joan. Die voorbladfoto is van ’n besonderse deur met ’n Bisantynse ontwerp. Vertel ons meer oor waar jy die foto geneem het asook wat die detail wat op die deur verskyn vir jou beteken. Hoe is dié foto gekies…
Onderhoud met Johann Lodewyk Marais
“Oh, my word!” en die magiese tyd van die gedig Christa Morrison in gesprek met Johann Lodewyk Marais *** CM: Johann, dankie dat ek met jou ’n gesprek mag voer oor jou nuutste en negende digbundel, Nomade (2014). Geluk met ’n pragboek wat goed gestalte gee aan die kort tree tussen lewe en dood –…
Vat vyf, Danie Marais: Bestuurshoof van PEN Afrikaans
Danie, nogmaals van harte geluk met jou aanstelling as PEN Afrikaans se voltydse bestuurder. Hoe sien jy die taak wat op hande is? PEN Afrikaans se amptelike missie is: Om ’n sentrum te vestig vir Afrikaanse skrywers wereldwyd Om vir Afrikaans en sy woordkunstenaars ’n vaste en gerespekteerde plek in die internasionale skrywersgemeenskap – soos…
Onderhoud met Antjie Krog (Mede-wete)
“Die verweerde liggaam vertaal haar ontologie.” Antjie Krog gesels met Louis Esterhuizen oor haar nuutste bundel, Mede-wete * LE: Antjie, van harte geluk met die publikasie van “Mede-wete”, ʼn bundel waarna met goeie reg deur soveel liefhebbers van die digkuns uitgesien is, want dit is wel so dat jou bundels oor ʼn veel langer rakleeftyd…
Onderhoud met Eunice Basson (Leiboom)
Eunice Basson wie se debuutbundel, Leiboom, pas verskyn het gesels met Gisela Ullyatt
Vat vyf, Marlise Joubert: Samesteller van “in a burning sea – Contemporary Afrikaans poetry in Translation”
“in a burning sea”. Vyf vrae aan Marlise Joubert. * Marlise, “in a burning sea – Contemporary Afrikaans Poetry in Translation” is ʼn magtige publikasie. Nie net beslaan die bloemlesing meer as 350 bladsye nie, maar dit betrek ook gedigte van 30 teenswoordige Afrikaanse digters; met die teks in sowel Afrikaans as Engels. Waarom het…
Vat vyf, Nathan Trantraal – Wenner van die 2014 ATKV Woordveertjie vir poësie
Nathan, van harte geluk met die toekenning van die 2014 ATKV Woordveertjie vir beste digbundel. Chokers & survivors was inderdaad ‘n grensverskuiwende debuut. In retrospeksie, hoe voel jy oor die ontvangs wat jou bundel gehad het? Baie dankie Louis. Ek dink daar is ‘n part van my wat voel soes Chauncey Gardiner in die Jerzy…
