Winkel van wanklanke deur Hennie Meyer. Protea Boekhuis, 2020. Resensie: Ihette Jacobs Winkel van wanklanke is die 2020-debuutbundel van Hennie Meyer. Dié digter het reeds sy merk gemaak in die Afrikaanse digkuns as een van die toonaangewende skeppers van konkrete poësie. Saam met sy debuutbundel skep Meyer ook ʼn gelyknamige…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
Resensie: As jy lag (Versamelbundel)
As jy lag. Bloemlesing van inskrywings vir die Ingrid Jonker: L’Art Poétique-digkompetisie. Minimal Press, 2020. Resensie: Marni Bonthuys Die stigting van ’n nuwe uitgewery binne ’n literêre veld – veral een so klein soos die Afrikaanse veld – is as ’n reël ’n goeie verwikkeling. Die klein uitgewery, Minimal Press, is…
Resensie: Veldboek (Johann Lodewyk Marais)
Veldboek deur Johann Lodewyk Marais. Imprimatur, 2020. ISBN 978-0-620-90396-7 Resensie: Joan Hambidge Die mens moet die aarde bewoon: die helder, onbekende hier. I Johann Lodewyk Marais se gedigte moet gelees word asof die digter werk aan een groot oeuvre. ‘n Mens dink hier aan T.T. Cloete se opmerking met Allotroop dat hy…
Resensie: ‘n Vry vrou (Antjie Krog)
‘n Vry vrou deur Antjie Krog, Human & Rousseau, 2020 Resensie: Heilna du Plooy Dit is gebruiklik dat daar van tyd tot tyd versamelbundels verskyn waarin ’n seleksie uit die werk van belangrike en prominente digters bymekaargebring word. Antjie Krog is gewis een van die Afrikaanse digters wie se statuur versameling…
Resensie: ‘n Bruin blaar tuimel (Henriëtte van Wyk)
‘n Bruin blaar tuimel deur Henriëtte van Wyk. Minimal Press, 2020. Resensie: Joanette van der Merwe Henriëtte van Wyk se debuutbundel is ‘n kreatiewe verwerking van aftrede en ‘n poging om tot verhaal te kom in ‘n leefwêreld wat eensklaps klein geword het, maar terselfdertyd skielik té groot is in…
Resensie. I wish I’d said … Vol. 3
I wish I’d said … Vol. 3. ‘n Produk van die AVBOB-Poësieprojek. Johann de Lange & Goodenough Mashego (Reds.) Naledi, 2020. Resensie: Joan Hambidge I Die derde uitgawe van I wish I’d said (Ek wou nog sê), onder redaksie van Johann de Lange en Goodenough Mashego, bring die hele komplekse…
Resensie: Die gladde stiltes in glas (Louis Esterhuizen)
Die gladde stiltes in glas. Louis Esterhuizen. Protea, 2020. Resensie: Alwyn Roux Louis Esterhuizen se elfde digbundel, Die gladde stiltes in glas (2020), bestaan uit drie afdelings, naamlik “Steierwerk”, “Buiteligmusiek” en “Grondwaarts”. Die motto tot afdeling een is ontleen aan Milan Kundera se roman The Unbearable Lightness of Being (1984): Anyone whose goal is…
Resensie: Beskut teen vrese (Cas Vos)
Beskut teen vrese deur Cas Vos. Naledi, 2020. Resensie: Marietjie du Plessis Cas Vos, wat sedert sy digbundel Vuurtong in 1999, bykans jaarliks ’n digbundel die lig laat sien, skryf vanuit ’n wye verwysingsveld. As teoloog en afgetrede akademikus verskyn daar ook teologiese werke van hom, en as uitstekende vertaler verryk…
