Nootvat. Kwashaal. Stapel. Deur Bernard Odendaal. Tafelberg, 2021. Resensie: Marlies Taljard ‘n Deurwinterde bundel van ‘n meesterdigter. So sou mens Bernard Odendaal se Nootvat. Kwashaal. Stapel. kon beskryf. Om ‘n meestervakman te word, moet ‘n vakman wat reeds gekwalifiseer is, bewys dat hy oor die nodige finesse op sy vakgebied beskik…
Category: Resensies
Daar word gepoog om van elke nuwe Afrikaanse digbundel wat by ‘n gevestigde uitgewer verskyn, ‘n resensie op hierdie webblad te lewer. Vir ‘n inhoudsopgawe kyk na die opsies heelbo aan hierdie webblad.
Resensie: Soe rond ommie bos (Veronique Jephtas)
Soe rond ommie bos deur Veronique Jephtas. Protea Boekhuis, 2021. Resensie: Nini Bennett. Veronique Jephtas is ’n veelsydige kunstenaar en opwindende nuwe stem in Afrikaaps. Sy het haar honneursgraad in drama en teaterstudies in 2019 aan US voltooi en haar debuut as dramaturg met Hoe change hulle by die Woordfees (2020)…
Resensie: Konfessies, kaarte en konterfeitsels (Joan Hambidge)
Konfessies, kaarte en konterfeitsels. Deur Joan Hambidge. 2021. Imprimatvr. ISBN 978-0-620-90397-4 Resensie: Bernard Odendaal Die opnoeming wat met alliterasie gepaard gaan in die titel van hierdie nuutste toevoeging tot Joan Hambidge se digoeuvre – haar bundels tel nou al sowat twee dosyn – suggereer tegelyk verskeidenheid én samehang. Die opskrif van die…
Resensie: Drol innie drinkwater (Churchil Naudé)
Drol innie drinkwater deur Churchil Naudé. Naledi, 2020. Resensie: Stefan van Zyl In Nuwe Stemme 6 (2017) word Churchil Naudé, rymkletser van Mitchell’s Plain, as een van die nuwe stemme in Afrikaanse poësie geïdentifiseer. Sy vers “Die woord” (pp. 30-32) het toe reeds die toon van sy poësie aangegee en met…
Resensie: Die testament (Bester Meyer)
die Testament deur Bester Meyer. Naledi, 2020. Resensie: Stefan van Zyl As inleiding tot hierdie kort resensie van die regsgeleerde en musikant Bester Meyer se debuutbundel, die Testament (2020), stel ek die digter self aan die woord: Ek weet nie of alles wat gesê en hier neergelê is in swart…
Resensie: Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer (vert. deur John Boje)
Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer vert. deur John Boje. SA Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2020. Resensie: Marlies Taljard Wanneer `n mens met `n teks soos Die pelgrimsverhale van Geoffrey Chaucer voor jou sit, `n teks waaraan die vertaler meer as 60 jaar gewerk het, is dit moeilik om die…
Resensie: Kameleon (Charlotte van den Broeck, vert. Daniel Hugo)
Kameleon deur Charlotte van den Broeck, vert. Daniel Hugo. Protea Boekhuis, 2020. ISBN 9781485310211 Resensie: Nini Bennett Die Belgiese digter Charlotte van den Broeck se poësie is vertaal in Engels, Duits, Spaans, Frans, Serbies en Arabies, en nou ook in Afrikaans, danksy ’n inisiatief van Protea Boekhuis en ons voorste…
Resensie: Tomas Tranströmer in Afrikaans: Alles keer om (De Waal Venter)
Alles keer om: Tomas Tranströmer in Afrikaans. Vertalings deur De Waal Venter. Akademie vir Wetenskap en Kuns, 2020. Isbn 978 0 620 905022 2 Resensie: Joan Hambidge Die skoonheid van wondere is gevind I De Waal Venter het met sy Pablo Neruda-vertalings Vandag is boordensvol (2019) die…
