Bote is allergies daarvoor, maar Whiskey-drinkers is nie bang om hul drankie op die rotse te geniet nie. Ek het ‘n onlangse gesprek oor ‘n Whiskey-klub nogal interessant gevind. ‘n Neef aan my vrou se kant was deel van so ‘n klub en het een maal ‘n maand ‘n nuwe Whiskey uitprobeer. Die eerste vraag…
Category: Blogs
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 6)
Vier dae. Vier mense per dag. Vier gedigte. Interkonneksie. Indra se Net. Dependent Origination. Pay it forward. Facebook. Deur die loop van blogs 1 tot 5 het ek bostaande begrippe in verband gebring met facebook se Poësie-uitdaging. Uiteraard is facebook ’n sosiale medium wat op verskeie vlakke deur die gebruiker bestuur kan word. Soms…
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 5)
Nog ’n raakpunt tussen die Boeddhistiese konsep, Interkonneksie, en die sosiale medium, facebook se Groot Poësiebrander, is die begrip ‘pay it forward’. Laasgenoemde vind sy oorsprong in Catherine Ryan Hyde se roman, Pay it Forward (1999), wat tot ’n filmweergawe verwerk is (2000). Hierdie term het soveel kykers aangegryp dat dit onafskeidbaar van die Engelse…
Marlies Taljard. Diep gewortel in die grond bymekaar
Roland Barthes skryf oor die verhouding tussen tekste: “Any text is a multidementional space in which a variety of writings … blend and crash.” Hierdie multidimensionele ruimte waarin tekste bestaan, beeld Evette Weyers uit in die temabeeld van haar uitstalling op die Woordfees in Stellenbosch vroeër vanjaar, “Intertekstualiteit”. Evette is ʼn bekende beeldhouer wat dikwels…
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 4)
Deel 1-3 van die Die Groot Poësiebrander kontekstualiseer die verband tussen Facebook en die Boeddhistiese begrippe Interkonneksie, Indra se Net en dependent origination. Alan Watts (1915-1973), ’n Episkopaalse priester, later ’n prominente figuur in die Zen Boeddhisme, veral in Brittanje en Amerika, verduidelik Indra se Net soos volg (1995:45): Imagine a multidimensional spider’s web…
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 3)
Hoe het die heelal ontstaan? Deur ’n oerknal, ’n Skepper-god? Niemand kan met absolute sekerheid weet nie; slegs aannames kan aangevoer word. Die Boeddhisme veronderstel dat geen fenomeen (dharma, nie te verwar met die Dharma wat na die Boeddhistiese leerstellings verwys nie) onafhanklik van ’n ander dharma kan ont- of bestaan nie. Hierdie sentrale veronderstelling…
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 2)
In Deel 1 het ek gebruik gemaak van ’n Boeddhistiese invalshoek om Indra se Net aan te dui, ’n sentrale metafoor rondom Interkonneksie (Interconnectedness of Interconnection). Verder het ek hierdie metafoor aangewend om die verband tussen ’n sosiale medium soos facebook en Interkonneksie aan te dui. Die fenomenale interkonneksie tussen fb-gebruikers is op ’n kragtige…
Gisela Ullyatt. Facebook en Die Groot Poësiebrander. (Deel 1)
En skielik was daar Facebook. Noem dit wat jy wil: Bakkiesboek, Vleesbroek (vir dié wat meer as net kuise selfies neem) of Feesboek (waarop jy pronkend die hoeveelste Springbokkie en Jägertjie down: zefste onsie óóit. Tot die volgende happy snappy saam met jou “besties”). Dis ’n netwerk waar jy vinniger as wat jy “Steve Hofmeyr”…
