Met apologie Verlede jaar 1 Mei het Nkosazana Dlamini-Zuma aangekondig ons mog tussen 6 en 9 soggens oefen. Na ’n paar weke van strawwe inperking was dit welkome nuus en die strate het gewemel van drawwers en stappers, selfs dié wat nooit voorheen gestap het nie. Die vanselfsprekende was nie meer so vanselfsprekend…
Category: Blogs
Alwyn Roux. Wat is kuns?
Deleuze en Guattari (1994:163) gaan in hulle teks, What is philosophy? (1994), en meer spesifiek, die gedeelte wat handel oor kuns, getiteld “Percept, Affect, and Concept” (Deleuze & Guattari, 1994:163), van die volgende standpunt af uit: “Art preserves, and it is the only thing in the world that is preserved.” Dié stelling word op sorgvuldige…
Nini Bennett. Die Tarot as literêre muse
Vir eeue reeds wend skrywers en digters hulle tot Tarot-lesings as bron van inspirasie. Tydens die inperking het daar ’n hernieude belangstelling ontstaan in dié kaarte: Mense soek bemoedigende insigte oor werk, gesondheid en finansies. Die lees en bestudering van Tarot-kaarte is immers ’n aktiwiteit wat oorwegend solitaire beoefen word. In onlangse…
Nini Bennett. Winterweelde
Dis iets waaraan ek elke winter dink. Dit begin tydens die herfs met die verkleuring van boomblare na geel, oranje, rooi, ougoud of ’n pienkerige skynsel. Teoreties gesproke is die kleurstof karotienoïed – die pigment wat die plek van sterwende chlorofil inneem en bome tooi in tradisioneel ‘warm’ kleure. Winterweelde. Die dood is…
Alwyn Roux. Samespraak: Ontmoetings twee en drie
Tydens die tweede ontmoeting van SAMESPRAAK het drie Samespraaklede referate gelewer. Dié referate het ‘n wye spektrum van onderwerpe gedek, wat op vergelykenderwyse (Afrikaans-Nederlands/Nederlands-Afrikaans) ondersoek is. Delia Rabie (UP) ‘n Analise van die konseptualisering van verlies in Blou is nie ‘n kleur nie en De dag aan zee Francine Maessen (UvA) De nieuwe generatie…
Nini Bennett. Die magiese eensaamheid van my kindertyd
We are ourselves before we are actually ourselves. Clay waiting to be shaped by experience, perhaps, but there’s something pre-formed about our personalities before they are even molded. So beweer Michele Filgate in ’n artikel op Literary Hub waarin sy besin waarom skrywers, van al die kunstenaars dwarsoor die artistieke spektrum, die eensaamste…
Nini Bennett. In die appel van my oog
Met die uitbraak van Covid-19 het ons geleer om gesigsmaskers te dra; ons is, in ’n sekere sin incognito en gesigte wys weinig, of geen mimiek. Soms sukkel ons om mekaar te herken en moet ons soos mense wat aan gesigsblindheid ly, staatmaak op eksterne leidrade soos liggaamsbou, klerasie, haarstyle, ensovoort. Dit…
Alwyn Roux. Samespraak, Schaffer en Stilet
Samespraak is ’n nuwe samewerkingsprojek wat die vergelykende (transnasionale) bestudering van Afrikaanse en Nederlandstalige literatuur op die hart dra. Die saadjie vir Samespraak is in Junie 2020 geplant toe ek op die webblad Versindaba ‘n pleidooi gelewer het vir die skep van ’n aanlyn forum spesifiek gerig op die vergelykende bestudering van Afrikaanse en Nederlandse…