Soos almal weet, het die digkuns ‘n enorme reikwydte ten opsigte van aanbod sowel as tema. En tog is dit vreemd hoe graag die denkers des poeticas probeer om deurentyd nuwe etikette en boksies vir dié veelkoppige monster genaamd “poësie” te bedink. So besin Valerie Mejer in ‘n onlangse skrywe op die Poetry Foundation oor een van die…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Vel van Woorde
“Poetry is ordinary language raised to the Nth power. Poetry is boned with ideas, nerved and blooded with emotions, all held together by the delicate, tough skin of words.” – Paul Engle Miskien sou Oom Oubaas van 7de Laan dit so kon verwoord: “Die vel is iets van epidermiese proporsies. Dit beskerm ons liggame teen die son…
Louis Esterhuizen. Digkuns as die vlam wat vure aanwakker
Heel dikwels hoor ‘n mens die opmerking dat die digkuns eintlik maar net soort van ‘n gemoedelike sitkamerspeletjie is; dat dit nou nie éíntlik iets wesenliks in die mens of in die samelewing kan verander nie … En tog wil dit voorkom asof dinge ánders gesteld is in die Midde-Ooste; ‘n streek wat nie…
Louis Esterhuizen. Wanneer digters spoor vat na die verlede
‘n Besonder interessante publikasie wat hierdie naweek aan die handel beskikbaar gestel word, is Spoorvat – Skrywers en herinneringe wat deur Riana Scheepers en Leti Kleyn saamgestel en deur Lapa uitgegee word. Met dié pretloop is daar sommer ‘n hele trop digters wat die wandeling meemaak, te wete Andries Bezuidenhout, Zandra Bezuidenhout, Clinton V. du Plessis, Hans du Plessis, Heilna du Plooy, Louis Esterhuizen, Joan Hambidge,…
Louis Esterhuizen. Twee digters onder gunstelinge vir Nobelprys vir Letterkunde
Oor ‘n maand is dit weer tyd vir die aanwys van vanjaar se Nobelpryswenner vir Letterkunde en die jaarlikse raai-raai-riepa-speletjie het reeds begin. So het die beroepswedders verlede week hul loting ten opsigte van gunstelingkandidate bekend gemaak en oudergewoonte wemel die lys met die usual suspects. Volgens Ladbrokes, wat as die vernaamste van dié…
Louis Esterhuizen. Poetry International Web fokus op Marlene van Niekerk
Met Poetry International Web se nuutste uitgawe word daar onder andere op Marlene van Niekerk, wie se derde bundel Kaar einde September verwag word, gefokus. In sy uitstekende – en nogal omvattende – oorsigartikel, tipeer Leon de Kock haar digkuns soos volg: “Van Niekerk’s work is distinguished by several factors, among them an almost…
Louis Esterhuizen. Hugo Claus binnekort in Engels beskikbaar
Goeie nuus is dat Archipelago Press pas bekend gemaak het dat hulle ‘n keur uit Hugo Claus se gedigte in Engels gaan publiseer. Die gedigte in Even Now is deur die bekroonde vertaler David Colmer uit Nederlands vertaal en sal in November beskikbaar wees. Volgens die aankondiging die volgende: “Claus’s poetry has been marked…
Wicus Luwes. Dis net ‘n sprong na links
Die klavier is gemaak vir twee hande. Die linkerhand speel akkoorde en die regterhand speel die wysie. As jy mense in sang begelei, speel die linkerhand die ritme en akkoorde en die regterhand speel die wysie. Die linkerhand kry dus die repeterende of vervelige take om te verrig. Die linkerhand word normaalweg met kreatiwiteit ge-assosieer,…
