La cathédrale engloutie (die gesonke katedraal) (1910) is ʼn prelude vir solo-klavier deur die Franse impressionistiese komponis Claude Debussy. Hierdie sensitiewe stuk skryf die komponis na aanleiding van die legende oor die versonke stad Ys, wat ek in my vorige blog bespreek het. In sy gedig Gesonke Katedraal, die openingsgedig van die bundel Vol Draadwerk,…
Category: Blogs
Louis Esterhuizen. Die ganske wêreld in 140 karakters
Iemand het jare gelede teenoor my opgemerk dat “poetry will never lie down in the grave that has been prepared for it”. En telkens staan ek verstom oor hoe hardnekkig dié gemarginaliseerde kunsvorm op soveel uiteenlopende – en hoogs kreatiewe – maniere haar na vore dring ten einde haar voortbestaan te verseker. Neem nou byvoorbeeld die hele kwessie…
Louis Esterhuizen. Roberto Bolaño se versamelde gedigte binnekort op die rakke …
Die Chileense skrywer, Roberto Bolaño (1953 – 2003), is ongetwyfeld een van die indrukwekkendste skrywers in onlangse tye; bekend vir monumentale romans soos The Savage Detectives (1998) en 2666 (2004). Tog het hy hom sy hele lewe lank primêr as digter beskou: “The great Chilean writer Roberto Bolaño liked to argue, plausibly enough, that…
Louis Esterhuizen. CA Conrad oor terloopse medemenslikheid
‘n Interessante digter is die Amerikaanse digter CA Conrad (foto) inderdaad. Daarom verbaas dit nie dat ooteoote in hul 45ste aflewering van die Vertaallab besluit het om op dié veelkleurige fenomeen te fokus aan die hand van Conrad se biografiese essay getiteld Unknown duration of fear. Maar eers, ietsie oor Conrad. Volgens die lewenskets…
Louis Esterhuizen. Oor wasmasjiene en ander huishoudelike gebruike
‘n Digteres wat in 2009 nogal ‘n ligte gefladder in die Arabiese hoenderhok veroorsaak het, is die Joodse digter Tuvit Shlomi (1980). Sy het naamlik onder die skuilnaam Wallada bint-al Mustafi ingeskryf vir die El Hizra Literatuurprys, een van die mees gesogte literêre pryse in die Arabiese lettere, en sodoende meer as ‘n gesonde kwota verleentheid…
Louis Esterhuizen. Rita Dove reageer op skietdood van tienerseun
In die VSA heers daar groot ontsteltenis oor die 17-jarige tiener, Trayvon Martin, se moordenaar wat verlede week deur die hof in Florida vrygespreek is. George Zimmerman en Martin was glo in ‘n bakleiery betrokke, waarop die gewapende Zimmerman die ongewapende tiener doodgeskiet het. Die hof se bevinding was dat Zimmerman uit selfverdediging opgetree…
Marlies Taljard. Die mitiese stad Kêr-Ys
In Marius Crous se bundel Vol Draadwerk (2012) kom daar ʼn groot aantal gedigte voor wat gebaseer is op mites en legendes – ek het onlangs ʼn blog geskryf oor die gedig Avalon wat, net soos die eerste drie gedigte in die bundel, sy stof put uit die mite van ʼn verlore stad. Hierdie verhaaltipe…
De Waal Venter. Maar verstaan jy dan nie?
Wanneer ‘n digter ‘n gedig skep, fabriseer, aanmekaarsit, uitstort, of bou, wil hy of sy, (verder gebruik ek geriefshalwe net “hy”) ‘n reeks omlynde of bepaalde betekenisse aan die leser oordra. Hierdie stelling plaas die begrip “poësie” dan ook in ‘n kader wat wil hê dat poësie “betekenis” moet hê en oordra. Ander kaders hou…
