Wie sou kon dink dat daar slegs 26,3 myl tussen 1931 en 1994 sou wees. Slegs 28 minute volgens ‘n GPS met heelparty kronkels en hobbels. Die lewenspad sorteer posstukke om die pot aan die kook te hou. Dit koester ‘n ongesonde liefde vir alkohol en die dinge wat daarmee gepaard gaan. Dit stuur kortverhale…
Category: Wicus Luwes
Wicus Luwes het grootgeword in die Vrystaat en Noord-Kaap waar sy pa ʼn Wiskunde-onderwyser en sy ma ʼn laerskool-onderwyseres.. Hy matrikuleer in 1996 aan die Hoërskool Vaalrivier in Barkly-Wes (naby Kimberley) wat vir hom ʼn voorreg was om in ʼn klein dorp die vryheid en veiligheid te ervaar wat daarmee gepaardgaan. Hy kwalifiseer as ʼn ingenieurs-tegnikus in Rekenaarstelsels by die Sentrale Universiteit van Tegnologie. Hy werk tans as ʼn tegnikus by Richardsbaai se hawe. Wicus is getroud met Tanya en het twee kleuter-seuns, Leon en Emil wat sy lewe vol maak. Lees Wicus se blog.
Wicus Luwes. Die metafoor as geneesmiddel
Die geheim lê daarin om die probleem vas te maak aan iets konkreets. Die konkrete entiteit kan aangepak word op konkrete maniere. Digkuns het ‘n spesiale plek in die geneeskuns. Daar is die ritme wat staan teenoor lewensritme; die herhaling wat staan teenoor patrone in ons lewe. Ek wil met hierdie rubriek egter aandag gee…
Wicus Luwes. Tussen twee vure
Vuur is ‘n lewende voorwerp – dit haal asem, dit beweeg en op ‘n sekere vlak plant dit voort. ‘n Mens moet al hierdie dinge in gedagte neem as dit jou doel is om ‘n vuur te blus. Ek dink terug aan die verwoestende vure in die Noord-Kaap en Vrystaat van ongeveer vyf jaar gelede….
Wicus Luwes. 3 Seuns
Plattelandse Pietà vir Kutlwano Garesape van Jan Kempdorp ek wonder hoeveel gebreekte bottel hul uit jou klein lyf moes haal – stukke glas wat ‘n mal man deur jou gesteek het jy wat jou ma teen die bottel en die stok verdedig het is in klein gebreekte stukke deur my gedagtes gesteek jy vra vir…
Wicus Luwes. Art Deco in die reën
Ons ry deur Durban op soek na geboue wat in die Art Deco-styl gebou is. Daar is talle voorbeelde in die middestad. Daar is ook talle geboue wat steeds van die tweede vloer af boontoe die Art Deco-styl verteenwoordig, maar met nuwe funksionaliteit van spaza-winkels aan die onderkant. Art Deco het meestal tussen 1920 en…
Wicus Luwes. Koorsang as behandeling vir vals stemme
Ek het onlangs op ‘n interessante woord afgekom. Die woord het aan die een kant te doen met sang en aan die ander kant met beurte. Ons besef nie eintlik dat baie van ons daagliks daarby betrokke is nie. Dit klink miskien ‘n bietjie vreemd, aangesien dit nie algemeen gebruik word nie. Die woord, antifoon,…
Wicus Luwes. Jou naam as metafoor
Sy name was Andries Lodewicus Stefanus, maar die mense het hom Boet genoem. Ek verwys nou hiermee na my oupa – die een na wie ek vernoem is. Ek dink dikwels daaraan dat ek ook Andries gedoop kon gewees het, of Stefanus. Natuurlik kon ek ook Dries, Stefan, Stef of Boet geword het. Ek het…
Wicus Luwes. Oktoberfest in Münchenistan
Die ‘craft’-bier fenomeen is nog altyd vir my interessant. Ek maak ‘n punt daarvan om ‘n restaurant se eie bier te drink, of ten minste te proe, wanneer ek by plekke aandoen wat ‘n tuisbrouery of in-huis brouery het. As student het my vriende hulle eie bier probeer brou in klein Sputnik-wasmasjiene. Die Sputnik-wasmasjien was…
