Die digter as fietsryer

Ad Zuiderent

Ad Zuiderent

Na aanleiding van die nuutste uitgawe van Het Liegend Konijn het De Contrabas ‘n pragtige artikel geplaas oor die teenwoordigheid van fietsryers in die Nederlandse digkuns. Meer spesifiek fokus die berig op ‘n gedig van Ad Zuiderent, ‘n digter wat glad nie onbekend is aan Suid-Afrikaanse poësieliefhebbers nie, synde mede-samesteller met Johann Lodewyk Marais van die bloemlesing Ons klein en silwerige planeet.

In sy berig wys Chrètien Breukers van De Contrabas daarop dat die fietsryer reeds van Zuiderent se debuut, Geheugen voor landschap, in 1979 prominent teenwoordig was en dat hy dié metafoor konsekwent deur sy daaropvolgende bundels volgehou het.  Die gedig waarna verwys word in Het Liegend Konijn se titel is “Van A naar B” en dit begin met die volgende reëls: “Een dag van niets? Ga op de fiets / van A naar Be en weer terug, / vrijwel geen wind, een wandelaar (…)” Volgens Breukers is daar, moontlik met die uitsondering van Anton Korteweg, geen ander digter wat hierdie tema meer konsekwent en insiggewend ontgin as juis Zuiderent nie.

Ten slotte is dit interessant om die inhoudsopgawe van dié tydskrif te bekyk, aangesien daar twee digters prominent in opgeneem is wat ook by dié webblad betrokke is, naamlik Chrétien Breukers en Ester Naomi Perquin. Nog ‘n digter wat in dié uitgawe opgeneem is en my oog gevang het, is Vrouwkje Tuinman wat eersdaags aan Wisselkaarten gaan begin deelneem. Terloops, nog nuwe toetredes tot ons Wisselkaarten-projek is Jan Pollet (wat reeds ‘n blog geplaas het), en Thomas Möhlman wat eersdaags sal begin blog. Gaan kyk gerus by die Wisselkaarten-inligtingsblad ten einde jou te vergewis waarom ons so opgewonde is oor dié dertien uitgelese Vlaamse – en Nederlandse digters wat bereid is om deel te neem aan ‘n Afrikaanse webtuiste ten einde betrekkinge tussen ons stamverwante taalgroepe te verstewig. So, ondersteun hulle asseblief. Dit is inderdaad formidabele insette wat hulle lewer.

Vir jou leesplesier plaas ek hieronder ‘n vers deur Ad Zuiderent wat uit sy debuutbundel van 31 jaar gelede geneem word.

***

Weens die Spesiale Nuuswekker gister kon ek nie soos gebruiklik nuwe inhoud aangekondig nie; dus is daar vanoggend sommer ‘n dubbelsarsie. Die belangrikste plasing is waarskynlik die inleidende oorsig (met gedigte) van Berta Smit se verswygde digterskap wat deur Amanda Botha ingestuur is; asook Astrid Lampe en Jan Pollet se eerste bydraes tot Wisselkaarten. Aan die blogkant van sake is nuwe inskrywings geplaas deur Andries Bezuidenhout (wat terselfdertyd ‘n inskrywing is vir vandeesmaand se Blogfokus), Desmond Painter, Francilié Hoek en Pieter Hugo. Afgesien van Andries se inskrywing in die Brieweboks, is daar ook nog ‘n bydrae deur Pieter Hugo ontvang vir die kompetisie. En nog is het einde niet: in Joan Hambidge se gedigtekamer is daar ‘n nuwe vers, “Halifax“, geplaas.

Sjoe, nou’s my twee tikvingers omtrent kapot.

‘n Lekker dag word almal toegewens. En trap daai fiets dat die speke sing …

Mooi bly.

LE

 

Naar de eenzaamheid

Terug ging ik vanmorgen en alleen.
Daar zocht ik woorden voor: de Houtmankade,
de stilte rond de stapels blanke planken
en rijen schepen voor de binnenvaart.

Ik kende dit, wat had ik hier te zoeken?
De weg hield op, op zondag vaart geen pont.
Geuren van stadsrand, wind om in te blijven,
alsof de toekomst al verleden was.

Mijn droom houdt stand, zoals het pakhuis
dat groot van jaren naast het water staat.
Een woord wordt beeld, een tochtje weer emotie.
Zo kom ik nergens aan. Dus fietste ik terug.

© Ad Zuiderent

 

Bookmark and Share

3 Kommentare op “Die digter as fietsryer”

  1. Daniel Hugo :

    Louis, hier is nog ‘n fietsgedig deur ‘n Nederlandse digter. Dit is van Gerrit Komrij. Die oorspronklike en my vertaling daarvan is te vinde in “Die elektries gelaaide hand”, Protea Boekhuis, 2005, pp. 60-61.

    Fietstocht

    Het verre poskantoor was de magneet.
    Niet om de luchtpostzegels of de taal
    Van overzeese stempels – nee, het deed
    Op tweehoog ‘s middags dienst als jeugdleeszaal.

    Tweemaal, op dinsdag en op donderdag,
    Verdween ik in het ruime trapportaal
    En kwam weer buiten met een brede lach.
    Ik had mijn voorraad boeken andermaal.

    Met in mijn hoofd een eerste regel die
    Ik vluchtig had gezien bij een verhaal
    Werd, fietsend, al naar het vervolg gegist.

    Toch geselde ik vervaarlijk het pedaal
    Om sneller thuis te zijn, omdat ik wist:
    Het boek is beter dan de fantasie.

    Fietsrit

    Die verre poskantoor is die magneet.
    Nie oor die blou lugposseëls of die reuk
    Van oorsese briewe nie – nee, dit dien
    Elke middag as die biblioteek.

    Op ‘n Dinsdag en op ‘n Donderdag
    Verdwyn ek in die wye trapportaal.
    Later kom ek uit met ‘n breë glimlag.
    Ek het my voorraad boeke afgehaal.

    Met die eerste reël wat ek skrams gesien
    Het in my kop, raai ek hoe die verhaal
    Sou kon afloop, al dromend op my fiets.

    Nietemin trap ek verwoed die pedaal
    Om gou by die huis te kom, want ek weet:
    Die boek is beter as die fantasie.

  2. Louis :

    Wonderlik, Daniel. 🙂
    En ons albei weet wat die omvang is van Komrij se boekversameling … Ai.
    Vriendelik,
    Louis

  3. Dis nie ‘n gedig nie, maar oulik genoeg om aandag te kry:

    http://www.facebook.com/#!/pages/Bicycle-Portraits/120630434617409

    lieflike projek van Nic Grobler en Stan Engelbrecht.

    *Bibi

  •