Velddrif sit by die mond van die Bergrivier. ʼn Plaaslike boer, ene Theunis Smit, het sy veë hier deur die rivier gejaag om aan die oorkant te gaan wei, van daar die naam Velddrif. Later was daar ʼn pont om die rivier oor te steek. Deesdae ry jy oor ʼn brug as jy van die…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Desmond Painter. ‘n Rektale ondersoek
Ek was verlede week by ʼn dokter vir ʼn volledige mediese ondersoek. Nee, daar is niks verkeerd met my nie; dit was bloot ʼn roetine-ondersoek, een van daardie waaraan mans van my jare hulself elke twee of so jaar onderwerp, om die illusie van hulle onsterflikheid ʼn bietjie te herlaai, of om die bewussyn van…
Andries Bezuidenhout. Binnekonflik in Vredehoek
Ek woon tydelik in ʼn woonstel in Vredehoek. My ateljee het ʼn uitsig oor Duiwelspiek, Tafelberg en Leeukop. Soms vergeet ek om te skryf of om te skilder en ek kyk na hoe wolke oor Tafelberg se kranse neertuimel en dan verdwyn (min mense kry dit reg om oor Tafelberg te skryf sonder om in…
Wicus Luwes. Twee Skepe en Een Boot
Pilar “Die ou man is ‘n ou man. Die see is die see.” Dit was Ernest Hemingway se woorde toe hy op ‘n keer uitgevra is oor die simboliek agter sy boek, ‘The Old Man and the Sea’. Daar is ‘n handvol karakters in Hemingway se boek, maar die karakters wat my die meeste fassineer,…
Nini Bennett. Die opbloei van vampirisme.
Die afgelope aantal dekades is deur ’n ongekende oplewing in vampierfiksie gekenmerk, en films soos Interview with the vampire (1994), Tarantino se eksperimentele From dusk till dawn (1996) en Twilight (2008) het miljoene mense na teaters gelok en bygedra tot die verromantisering van vampiere. Televisiereekse soos The vampire dairies is gewild, terwyl vampirisme vir ’n…
Louis Jansen van Vuuren. Spreek die Woord/ Break the Spell
Vivian Van Blerk . Na die Partytjie Hierdie aanbieding is ‘n mini blik uit die bundel sprokies, verhale en gedigte wat skrywers en kunstenaars vir ons WoordFees publikasie en twee tentoonstellings geskep het. Nagenoeg sewentig skeppende wesens het rondom die tema iets spesiaal geskep: Kobus van Bosch, Tokoloshe amongst the cats. Spreek die Woord/ Break…
Gisela Ullyatt. Ballade van ’n tweedehandse bibliofiel.
Die reuk van tweedehandse boekwinkels is onmiskenbaar: dié van muf en ou sigarette. Sommige word deurdrenk met die giftige geur van motbolle. Uit ander sypel ’n ongedefinieerde, suurderige klankie. Dikwels sit daar ’n triest persoon agter die kasregister. Soos in die winkel-in-‘n-stegie wat ons gedurende ’n kort besoek aan ’n ander stad ontdek het. Ter…
Loftus Marais. Die purper digter se kar gaan staan duskant Opraap in die Noordwes-provinsie
“Brandstof”, olie op doek, Andries Bezuidenhout Die purper digter se kar gaan staan duskant Opraap in die Noordwes-provinsie Vir die uitstalling “Gas” met werke van Andries Bezuidenhout, Kirby van der Merwe en Hanné Koster. . Deel 1. Sy finansieel-verstandige voertuig, ’n afbetaalde Suzuki SX4, gee die gees naby Opraap. Die purper digter klim uit….
