Jy knoop ‘n lint om jou vinger, sodat jy ‘n afspraak kan onthou. Jy leer jou kinders hoe om hul skoenveters of dasse te knoop. Metaforiese knope is seker ‘n bietjie moeiliker om te knoop, maar ons doen dit eintlik daagliks. Ek het ‘n stelling raakgelees wat beweer dat die lied wat jy uit jou…
Category: Binneblik
Binneblik is ‘n blog vir Afrikaanse digters, akademici en ander belanghebbende by die Afrikaanse digkuns & kultuurlewe. Deelnemers hieraan bestaan uit vaste bloggers wat gereeld inskrywings sal maak, en ander wat af en toe ‘n bydrae sal lewer. Vaste bloggers word aangedui by Bloglaaie waar jy al hulle vorige plasings ook kan lees.
Andries Bezuidenhout. Skilder, komponeer, dig – ʼn liefdesdriehoek
I In sy biografie van Arnold Schönberg beskryf Malcolm MacDonald die Oostenrykse skilder Richard Gerstl só: “In recent years he has come to be recognized as one of the most original and underrated painters of the early Expressionist period.” Hierdie relaas oor liefdesdriehoeke begin dan met ʼn skildery deur Gerstl in die Leopold-museum in Wene,…
Marlies Taljard: Ons is die mitemakers
Wanneer literêre tekste ter sprake is, impliseer die term mitologisering onder andere die interpretasie en weergawe van ʼn bepaalde wêreldbeeld. Veral in poëtiese tekste waarin oor die aard van die skryfhandeling besin word (Ars Poëtica) hang die mitologisering van gebeure dikwels saam met die verwysing na die oorsprong van die woord, wat ook die Woord…
Marlies Taljard: In die begin was die woord ʼn naam wat uit sy nate bars
Hierdie blog is deel van ʼn reeks rondom die Ars Poetica’s van digters wat onlangs gepubliseer het. In hierdie en die volgende paar blogs bespreek ek eers temas wat dikwels in Ars Poetica-gedigte voorkom. Daarna sal ek gedigte bespreek van afsonderlike digters,…
Wicus Luwes. Ali vs Makhathini
Op pad na Louisville via Roete 66 Die eerste keer dat ek van Tap Tap Makhathini gehoor het, was toe my neef ons familie vertel het van die toerisme-roete wat hy een Saterdag saam met sy familie aangepak het. Ons eie Roete 66 (R66 om presies te wees) is ‘n toerisme-roete en sluit ‘n hele…
Wicus Luwes. Die olifant in die kamer as troeteldier
Troeteldiere het kleiner geword. Ek verwys natuurlik nie na die olifant in die hoek van die kamer nie. Ek het fisiese troeteldiere in gedagte. Dit is seker maar die moderne wooneenhede wat kleiner geword het. Die kompartemente waarin ons woon se leisels word deur ‘body corporates’ beheer en die meeste laat slegs ‘n klein hondjie…
Nini Bennett. Die afkoopstempels van tyd.
A POEM FOR MY LIBRARIAN, MRS. LONG (You never know what troubled little girl needs a book) At a time when there was not tv before 3:00 P.M. And on Sunday none until 5:00 We sat on the front porches watching The jfg sign go on and off greeting The neighbors, discussion the political Situation…
Andries Bezuidenhout. Peau noire, masques blancs
I staan poppie staan en laat jou gedagtes gaan sodat jy vir my kan sê hoe ver die liefde lê Die masker, in Grieks prosopon, was ʼn integrale deel van antieke Griekse teateropvoerings. Op ʼn praktiese vlak het maskermondstukke as luidsprekers gedien, sodat gehore in groot amfiteaters kon hoor wat akteurs kwytraak. Een akteur kon…
