barnard dokter chris dans met sophia loren en sy hart klop wild * ingrid jonker dig sterre wiegend in die swart branders klots verwoed * daniël stook sy pyp sirkeldraai ‘n rookbestaan steek ‘n woordkers brand * d. j. opperman dig sy nooi in nartjiegeel ouma in kaneel…
Category: Kompetisies
Marieta McGrath. wintersonskyndag
wintersonskyndag sy lig haar ken na die son na die blou stilte © Marieta McGrath, 2021
Marieta McGrath. depressie / beheer
depressie/beheer die maan krimp en swel elke dag draai sy haar wang na die beste kant © Marieta McGrath, 2021
René Bohnen. Vrouemaand
Vrouemaand nege augustus sing vrouens ‘n rotstuin vol vygies © René Bohnen, 2021
René Bohnen. vetplantklokkies wieg
vetplantklokkies wieg ʼn liggeel lied in die son – eerste swangerskap © René Bohnen, 2021
HF Nortjé. Levitica
Levitica Ou koeie gemelk steeds bly haal sy uit die sloot karring maak man doof © HF Nortjé, 2021
Rachel Kruger. die bevryde vrou
die bevryde vrou naai in dubbeloorhandsteek haar vlerke self aan © Rachel Kruger, 2021
Elisma van Zyl. Krotoa
Krotoa slaaf tolk stammoeder uit Afrika gebore in sorge verdrink © Elisma van Zyl, 2021
