Klein herdenking van Staring* se Herdenking (…totdat hy klink en blink. – N.P. Van Wyk Louw) Na aandmusiek het jul geluister en kommerloos gelag toe julle twee die skemerduister sou afwag, laat dié dag. Die lentereukwerk van dié plek, die veld waaroor die skadu’s trek, die druiping van die wilgerblare, – jongloof…
Category: Kompetisies
Lykdig 35: Gerhard Botma. Klipwerk
Klipwerk Vir N.P. Van Wyk Louw anderkant die ringmuur waar Koki sit en treksel kook die kap kap van ‘n beitel oom Wyk weer aan die spook klipwerk is mos breekwerk is alleenwerk mompel hy om iets wat skoon en helder is op die been te kry sy kamer staan vol sfinkse…
Lykdig 34: Alet van Heerden. Elegie aan Elisabeth Eybers
Elegie aan Elisabeth Eybers Vanaf jou eerstelingbundel het jy, jou woorde liggevlerk, harte gesteel, met borrels van blyheid, jou hart gedeel, woorde weer hulle oggendblos laat kry. Jy het vrouestemme laat ontwaak. Met die kronkelpad van jou verbeelding, oomblikke van ongeskonde skoonheid gebring, oewerlose vrede, wat sieldiep raak. Jy kon vlug in rym en…
Lykdig 33: Louis Jansen van Vuuren. Maak dit ‘n dubbel
Maak dit ’n dubbel vir Arthur Rimbaud en D J Opperman in ‘n grot se groot blou donkerte vlam sy vuuros soos die braambos rokende dolos wat flenter en val vloeksteenwoord met ’n toekoms en ’n verlede timor mortis conturbat me sy seisoen van hel wissel waswit blaaie vleeskleur spookbeeld niks in die…
Lykdig 32: Jerzy Koch. Bybellandse reise
Bybellandse reise vir Totius I bo die land en sy harde klippe die wind wat alles skroei is sy asem II bo mens, blom en skerpioen die son wat oor alles waak is sy oog III aan hierdie land van klip en rots aan hierdie…
Lykdig 31: Karen Kuhn. Binne die Oog
Binne die Oog Vir Ingrid Jonker Laat my tydelik ontvlug uit hierdie storm om met Jou te wees binne daardie plek waar verlange my nie meer kan volg binne daardie plek waar die antwoord: dis verby, dis verby, dis verby se eggo verdof. Laat my tydelik instap uit hierdie storm om met Jou…
Lykdig 30: Zandra Bezuidenhout. By die graf van D.J. Opperman
By die graf van D.J. Opperman Waar die gestorwe ou kolos nou tussen ʼn werweling van Negesterre ʼn vloot van skippies in kristalle pas, snoer hy volgens loslip-engele sy kommer oor wendinge in digterlike takelwerk. Koggel hy die slap reëls en mor hy oor verslete of gesogte beelde van nuwerwetse stemme, of bespeur…
Lykdig 29: Elrine Koch. Was dit te donker, Ingrid Jonker?
Was dit te donker, Ingrid Jonker? (19 September 1933 – 19 July 1965) Was dit vir jou regtig te veel te erg sodat jy jou eie lewe moes steel Die koue winteraand van Julie 1965 het jy jou uitkyk verloor van positief, liefde en omgee wou jy niks hoor Was jou asem weg…