Omar Khajjam “My tomb shall be in a spot where the north wind may scatter roses over it.” – Omar Khajjam I. Na aanleiding van ’n onlangse gesprek oor Vertaalpraktyk op Versindaba het die belangrikheid van Daniel Hugo se vertaling van Omar Khajjam weer onder die soeklig gekom. Maar alvorens ek…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Johann Lodewyk Marais. Kennis van die Aarde
I In die een-en-twintigste eeu beklee die wetenskap en wetenskaplike kennis in die algemeen ’n baie hoë aansien. Die hedendaagse wêreld word gekenmerk deur die omvang en invloed van wetenskaplike kennis en tegniek, wat die mens se bestaan anders gemaak het as dié van enkele eeue of selfs dekades vantevore. Byna elke faset van…
Bester Meyer. Die Taal van die Waarheid
Die Taal van die Waarheid (vertaling as hartsbegeerte van iets groter) In sy opstel On Language as Such and on Language of Man verduidelik Walter Benjamin dat soos wat ʼn mens kan praat van, byvoorbeeld: iemand praat met my in die ‘taal van musiek’ of in die ‘taal van ballet’, dat daar ook…
Daniel Hugo. Credo van ’n professionele poësievertaler
In ’n gedig is die stelwyse belangriker as die stelling, die woordgebruik is in die meeste gevalle die boodskap self. ’n Digter sê iets op ’n eenmalige wyse wat bepaal word deur die spesifieke eienskappe van sy moedertaal. Die uitdaging vir die vertaler is om dit so noukeurig as moontlik in sý moedertaal weer…
Mellet Moll. Einstein en Tagore: Die ringdans van atome
Einstein en Tagore in Berlyn “The water in a vessel is sparkling; the water in the sea is dark. The small truth has words which are clear; the great truth has great silence.” – Rabindranath Tagore Ek het in my vorige essay oor die ontmoeting van ingenieurswese en poësie gespekuleer oor die moontlike…
Nini Bennett. Die digterlike en wetenskaplike kinematografie van Terrence Malick
Terrence Malick To be a poet in a destitute time means: to attend, singing, to the trace of the fugitive gods, a task that necessitates eschewing any functional role. The song of these singers is neither solicitation nor trade. – Martin Heidegger Die digter van Hollywood. Só word die filmmaker, Terrence Malick…
G. Brits. ’n Gedenkstuk vir De Waal Venter, digter: ‘n Waardering 2007 – 2015
Hierdie artikel het vantevore (in 2016) op Versindaba verskyn en is effens aangepas na die dood van die digter De Waal Venter op 20 Maart 2022. Nota Hierdie opstel is oorspronklik geskryf binne ’n raamwerk van verwysbare internet blogs (2016). Sommige van hierdie blogs is intussen gesluit en die ou teksverwysings, onverander gelaat,…
Mellet Moll. Gaston Bachelard: Die poëtika van ruimte, tyd en materie
“As for me, I have only reading through which to know man – reading, that marvelous means of judging man by what he writes.” – Gaston Bachelard Ek het iewers deur die jare oor die rol van die Franse strukturalisme en post-strukturalisme nagelees ten einde te verstaan wat hulle invloed op die kunste…
