Verskeie definisies van “die woord” is al geformuleer. Byvoorbeeld: dat dit dié deel is tussen die morfeem en ’n sintaktiese frase. Of dat dit die kleinste betekenisvolle linguistiese eenheid is wat selfstandig gebruik kan word. Daar is egter al jare nie sekerheid oor die definisie van “die woord” nie. Bazell1 skryf in 1958 dat daar…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Joan Hambidge. Kanonisering
I Deur die jare is daar baie geskryf oor kanonisering en die kanoniseringsproses. Oor hekwagters. Oor standaarde. Oor sogenaamde gehaltebeheer. Toenemend binne die Afrikaanse letterkunde word hierdie prosesse uitgedaag deur klein uitgewers wat bundels publiseer wat nie heeltemal op standaard is nie of Facebook-toejuigings wat gedigte aanprys. Die gevoel behoort te wees…
Marlies Taljard: “Geen vlerke stut meer …”
“Geen vlerke stut meer …”: Geselekteerde gedigte in Krog se mede-wete gelees as outobiografiese postsekulêre laatwerk Lees die volledige artikel in Tydskrif vir Geesteswetenskappe hier: http://ojs.tgwsak.co.za/index.php/TGW/article/view/286/272 Abstract In Antjie Krog se bundel mede-wete verskyn ’n aantal gedigte waarin die ek-spreker se soeke na ’n nuwe soort spiritualiteit verwoord word en waarin die implisiete…
Joan Hambidge. Die digkuns as klokhelder stilte
Pieter Fourie debuteer met ‘n pragbundel Knapsekêrels (Naledi, 2017) wat kontreiverse bevat wat sterk herinner in stylaard aan Van Wyk Louw se Klipwerk-reeks. Boerneef, ons ander groot volksdigter, praat ook saam. Hierdie soort skerf-gedig, soos hierdie leser dit tipeer, word dikwels geskryf deur ‘n volwasse digter wat terugkyk op sy jeug. Dis…
Daniel Hugo: Pieter Fourie: Die digter wat my ‘n job gekos het
Pieter Fourie: Die digter wat my ’n job gekos het Die veelbekroonde dramaturg Pieter Fourie het op 77-jarige ouderdom as digter gedebuteer. Die bundel met die titel Knapsekêrels bevat gedigte wat soos klitsgras aan ’n mens bly klou. Hier is een, met die titel “stroois”, wat toon watter meester Fourie van die kriptiese vers…
De Waal Venter. Uit die Merseburgerse towerspreuke
Uit die Merseburgerse towerspreuke ’n Towerspreuk is in 1841 ontdek in ’n manuskrip uit die jaar 10. Die spreuk word verdeel in drie dele – ’n vertellende deel, die “spell”, en die eintlike towerspreuk. Die drieledigheid van die towerformule word verklaar deur die helende krag van die getal Drie. Phol (ander naam…
Willem Thies. Drie nieuwe bundels in het Nederlandse taalgebied
Drie nieuwe bundels in het Nederlandse taalgebied: Virgula van Sasja Janssen, Sparagmos van Hans Dekkers en Chinatown van Ronelda S. Kamfer (in vertaling van Alfred Schaffer) In juni zal de vijfde bundel van Sasja Janssen (1968) verschijnen: Virgula. ‘Virgula’ is een fascinerend woord: Latijn voor ‘dun takje’, ‘twijg’, ‘stokje’. Het is de…
Marinda Botes. TV-poësiereekse en haar muses
Die vierde TV-seisoen van Ek wou nog sê…, ’n uitvloeisel van die AVBOB Poësieprojek se jaarlikse poësiekompetisie, was ’n reuse sukses – dr Daniel Hugo, ankeraanbieder noem die AVBOB Poësiereekse nie om dowe neute “’n ode aan ’n lewende monument vir meertalige poësie” nie. Waar 2020 se I wish I’d said (SABC 2) op…
