Luke Howard Wanneer ons vandag die weervoorspelling op ons televisiestelle of slimfone volg, aanvaar ons dit as vanselfsprekend – en vergeet dat dit tydens die begin van die negentiende eeu nog ondenkbaar sou wees om aan só ’n voorspelling, gebaseer op wetenskaplike modelle, te dink. Wolke, of cloudspotting is die natuur se eie…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Robert Schall. ʼn Hekse-Sudoku? Die “Hexeneinmaleins” in Goethe se Faust
Die Hexeneinmaleins Die 6de toneel van Goethe se tragedie Faust speel in die Hexenküche (Heksekombuis) af. “Mefisto het Faust hierheen gebring sodat hy die towerdrank kan ontvang wat die ouerige tuissitter in ‘n mooi jong man moet verander en waarmee hy binnekort ‘Helena in elke wyf’ sou sien.” (Detering, 2009) Faust self noem hy…
Joan Hambidge. Herkanonisering (3)
I In my vorige rubriek is daar verwys na (herkanonisering). Herkanonisering kan beteken dat ‘n digter se posisie hersien word soos Daniel Hugo dan doen in sy bespreking van De Waal Venter se jongste bundel Vrugbeginsel (Naledi) op Litnet: Sy slotwoorde lui: “De Waal Venter se digbundels was te dikwels verwaarloosde boeke in die verskroeiende…
Nini Bennett. Carl Sagan: Oor sterrekunde en poësie
Carl Sagan Die Amerikaanse sterrekundige, ruimtewetenskaplike, kosmoloog en skrywer, Carl Sagan het bekendheid verwerf vir onder meer sy wetenskaplike navorsing oor die moontlikheid van ekstraterrestriële lewe – maar dis met sy televisiereeks, Cosmos: A personal voyage dat hy verewig is as huishoudelike naam. Kykers sal Sagan onthou as die sjarmante en welsprekende aanbieder,…
Joan Hambidge. Kanonisering II
Poetry is a love affair with language. Ottone M. Riccio I Alle digters behoort tot ‘n kanon. Verskillende letterkundes vestig ‘n bepaalde tradisie, maar daar is bepaald iets soos erkende goeie tekste. Só skryf die resensent Charles Bainbridge oor John Stammers se bundel Interior Night: The hip melancholic, the arch dissector of…
Mellet Moll. Waar poësie en ingenieurswese ontmoet
Prof. Johan Botha kort voor sy afsterwe (foto deur die Suider-Afrikaanse Insitituut vir Bedryfsingenieurswese) Om werk van gehalte te lewer, begin by die skryfproses en aksies ter verbetering daarvan (byvoorbeeld skryfskole); tweedens, gehalteversekering deur middel van keuring; derdens, gehalteversekering deur middel van resensering; en laastens gehalteversekering deur middel van kanonisering en in sommige…
Marlies Taljard. Pythagoras en die Ongeskape Lig
Jacobus van der Riet se bundel Die Onsienlike Son (2012) is steeds fassinerende leesstof. Benewens die kleurvolle ikoon van die Heilige Gregorius die Teoloog op die buiteplat van die bundel, is daar ook nog 12 afbeeldings van ikone binne-in die bundel, spesiaal gemaak deur Julia Bridget Hayes. Ook die aard van die bundel…
Nini Bennett. Olga Kirsch se Engelse poësie: ’n ballingskap van swye
“We are all los inmigrantes, the Soul is the first Immigrant: The Soul cannot be held back by any imaginary boundary drawn against it; not by mountain ranges, not by rivers, nor by human scorn. – Clarissa Pinkola Estés, The Dangerous Old Woman: Myths and Stories of the Wise Woman Archetype, Volume 1 (2010)…
