The language is the property of the people. Each derives its unity from the other. For if language has a body and a system, they inhere in the people assembled and “bodily” united: “It is a people in a body that makes a language . . . . A people is thus the absolute master…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Daniel Hugo. Karel, André en Ingrid
Dit is bekend dat André P. Brink op ’n keer die romanskrywer Karel Schoeman getipeer het as ’n “ou tantetjie wat doilies hekel”. Dit het gebeur in sy resensie van Die noorderlig (1975) en slaan dan veral op Schoeman se “presieuse” vertelstyl en “selfbewuste estetisme”, terwyl hy glo net skynbaar betrokke is by die aktualiteite…
Daniel Hugo. Voëls en digters
“Elke voël sing soos hy gebek is,” sê die spreekwoord. ’n Digter word eers gereken wanneer hy sy eie stem gevind het en nie meer klink soos bewonderde voorgangers of tydgenote nie. Daar is natuurlik ’n voël, die Hippolais icterina, wat ander voëls naboots. Maar hy (en sy) word afkeurend ’n spotvoël genoem. Terwyl…
M.M. Walters ter nagedagtenis, 1929 – 2020
Met die oorlye van M. M. Walters op 28 Julie 2020 het die Afrikaanse letterkunde `n belangrike kritiese stem en `n beduidende digter verloor. Walters het graag die storie van sy oupa vertel, ook M. M. Walters, wat tydens die Anglo-Boereoorlog as die skoolmeester in Moorreesburg deur die Britse owerheid in hegtenis…
Daniel Hugo. Billy Collins en die vergelyking
Die vraag oor wat die poësie nou eintlik is, is nog nooit beantwoord nie. Want daar ís nie net een antwoord of ’n régte antwoord nie. Dit is waarom dit al eeue lank ’n interessante, onstuimige en soms omstrede gespreksonderwerp is, met net soveel sienswyses as wat daar soorte gedigte is. Vergelykings is die…
Yves T’Sjoen. Schenking van een Breytenbach-schilderij
Na het heuglijke nieuws over boekenschenkingen aan de Gentse universiteitsbibliotheek door Fanie Olivier, de erven Cecile Cilliers en Daniel Hugo (zie vorig bericht), met een aanzienlijke collectie breytenbachiana, liet Breyten Breytenbach vorige week weten dat een geschilderd zelfportret is geschonken aan het Literatuurmuseum in Den Haag. Adriaan van Dis, voorzitter van de…
Daniel Hugo. Edms. Bpk.
Die ontdekking van ’n verborge interteks is altyd vir ‘n leser ’n aangename verrassing. Dit verryk die betekenis van die oorspronklike teks en verdiep die leesplesier. Een van my geliefkoosde Afrikaanse verse is D. J. Opperman se “Edms. Bpk.” uit die gelyknamige digbundel van 1970: Ek het ’n stukkie grond gekoop met melkhout…
Daniel Hugo. Oor digters en rymelaars, woordvaardiges en stamelaars
Ek word soms deur uitgewers gevra om hoopvolle digters se pogings te beoordeel met die oog op publikasie in boekvorm. Dit is mense wat meestal reeds op die sosiale media gepubliseer het en juigend deur familie en vriende aangemoedig word met uitroepe soos “Hartswoorde!” en “Jy kan toor met woorde!”. Facebook is…
