wou die gedig hond maak op kort stewige bene laag op die geheim van grond laat draf opsoek na by Boskop dam ek was 10 het iemand seker ‘n man met groot harige hande Bloekombome in die nag afgesaag met ‘n lang, lang blink lem ry ons rooi Anglia daar verby en…
Category: Artikels, essays, e.a.
Hoofsaaklik bydraes soos artikels en essays.
Louis Jansen van Vuuren. Nabyskote in Woord en Beeld
Nabyskote in Woord en Beeld There are mirrors for the body, but there are no mirrors for the soul. Baltasar Gracian Vir die Woordfees 2015 stel ek, in samewerking met die Distell Stigting, ’n tentoonstelling saam met die titel: Portretteer: Nabyskote in woord en beeld. My betrokkenheid met die jaarlikse projek is grotendeels om…
Marlies Taljard: Hoe vou ʼn mens sy liggaam in die vorms van woorde (Deel 2)
Daar is reeds veel geskryf oor Heilna du Plooy se “Gesprek met die beeldreeks The Hunt van Maureen Quin” wat in haar nuutste bundel, Die stilte opgeskort (2014) verskyn onder die titel Die jag. Die doel van hierdie kort artikel is – soos ek in my vorige blog aangedui het – om die fokus te…
Carina van der Walt. Duiwe en Denke
’n Duif wat dink. Die Sweedse filmregisseur Roy Anderson gebruik dié idee in sy jongste film A Pigeon Sat on a Branch Reflecting on Existence (2014). Suid-Afrikaner William Kentridge gebruik die duif in sy animasiefilm van ’n bewegende prossessie met die naam More Sweetly Play the Dance (2015), wat nou vertoon word in Amsterdam. Dat…
Marlies Taljard: Hoe vou ‘n mens sy liggaam in die vorms van woorde (Deel 1)
Sedert die vroegste tye het digters en skrywers die behoefte gevoel om konkrete dinge of artefakte as deel van ʼn woordkunswerk te beskryf. Dink maar aan die beskrywing in die Ilias van hoe Hefaistos die beroemde skild van Achilles maak en hoe dit uiteindelik lyk, die beskrywing in Vergilius se Aeneas van die tonele wat…
Karen Kuhn. Florina om asem te skep
Florina om asem te skep om te reis en alles anders oor te skryf en andersom Op die pad na Thessalonika in Griekeland, draai sy af, op ’n kronkelpaadjie die berge in, tussen die Verno– en Varnos -reekse, na Florina. Om my te wys waar sy nog kind was. Die dorpie se Bisantynse naam…
Johann Lodewyk Marais. Eugène N. Marais se dood
Eugène N. Marais se dood Johann Lodewyk Marais “[T]here is no escape from the dilemma of being a man.” (Joseph Ratzinger (1970:20)) I In Eugène N. Marais (1871–1936) se biografie beklee Pelindaba in die vallei tussen die Witwaters- en Skurweberg dertig kilometer wes van Pretoria ’n prominente plek. Om die laaste tydperk en gebeure in…
Carina van der Walt. Dit het pryse gereën.
’n Hoogtepunt op die kalender van die digters in die Lae Lande is die Nationale Poëzieweek. Vanjaar was dit vanaf 29 Januarie tot 4 Februarie. Die tema was Met zingen is de liefde begonnen. Dit was die derde jaar dat ’n volle week aan poësie afgestaan is. Vóór Januarie 2013 was daar net ’n…
