Beste lede en vriende van PEN Afrikaans PEN Afrikaans Vertaalfonds befonds vertalings van werk deur Ronelda S. Kamfer en Olivia M. Coetzee PEN Afrikaans maak met trots bekend dat die volgende twee vertalings na afloop van die jongste ronde aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds gefinansier sal word: ’n Franse vertaling van Chinatown deur Ronelda…
Category: Nuus / Briewe
Vir aankondigings, nuusgebeure, enige iets anders op die hart …
Pen Afrikaans. Nuusbrief: November 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Notule en verslae: PEN Afrikaans se algemene jaarvergadering Baie dankie vir die goeie deelname tydens ons algemene jaarvergadering. Dit was ’n plesier om saam te kan terugkyk op die jaar en saam te kan vorentoe kyk. Fiona van Kerwel het byvoorbeeld meer vertel oor “Die onsigbare kind”,…
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Oktober 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Wenner van die Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig Lynthia Julius is as algehele wenner van die 2022 Woordfeeskortverhaalkompetisie aangekondig by die bekendstelling van die sewende US Woordfeeskortverhaalbundel in Stellenbosch op 10 Oktober. Sy wen R30 000 geborg deur Du Toitskloof Wyne vir haar storie “Plat lê soos ’n Minora blade”….
PEN Afrikaans. Nuusbrief: September 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans N.a.v. die aanval op Salman Rushdie Hier volg die verklaring wat PEN Afrikaans uitgereik het ná die skokkende aanval op Salman Rushdie verlede maand. PEN Afrikaans neem ten sterkste standpunt in teen die gewelddadige aanval op die bekroonde skrywer en voormalige president van PEN Amerika, Salman…
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Augustus 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Radiovoorlesings van top-3 wenverhale: Toegang Sedert ons vorige nuusbrief is nog een van ons Toegang-kortverhaalkompetisie se wenverhale op RSG se Kortom uitgesaai. Baie dankie aan Dean Balie en RSG vir die treffende voorlesings. Anton Döckel het die derde prys ontvang vir sy kortverhaal “Wind”. Luister hier…
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Julie 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Radiovoorlesings van top-3 wenverhale: Toegang Toegang, ’n kortverhaalkompetisie wat deur PEN International ondersteun is, se top-drie wenverhale se voorlesings is gedoen en luisteraars kan uitsien daarna om dié verhale op RSG se Kortom te hoor. Gisteraand is die eerstepryswenner, “Die rooi tekkies” deur Hendie Grobbelaar, uitgesaai….
PEN Afrikaans. Nuusbrief: Junie 2022
Beste lede en vriende van PEN Afrikaans Wenverhale: Toegang Toegang, ’n kortverhaalkompetisie wat ons met PEN International se steun aangebied het, se wenners is aangekondig sedert ons vorige nuusbrief. Die beoordelaars sê hul taak was vir hulle uitgeknip met verhale wat elkeen in eie reg verras het: “Tussendeur die vindingryke stories, aangrypende vertellings en…
ATKV-Skryfskool 6 – 10 Junie 2022
Vakgroep Afrikaans en Nederlands, NWU Winterskool weer met trots in 2022 aangebied ’n Volle 37 jaar nadat die eerste Herfsskryfskool op Potchefstroom aangebied is (in April 1985), maak die ATKV-Skryfskool van die Noordwes-Universiteit steeds so – met ’n Winterskool. Dosyne gevestigde skrywers het oor die jare hier ’n wegspringplek of hupstoot vir hul…
