“Die Boeddhisme is ‘n geloof en ‘n filosofie; bowenal is dit egter ‘n leefwyse”, skryf Rob Nairn in sy boek ‘n Stil gemoed – ‘n Inleiding tot die Boeddhisme en meditasie (1993: Kairon Press). Verdermeer is dit na alle waarskynlikheid die enigste godsdiens ter wêreld wat nog nooit by ‘n oorlog of enige vorm van…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Foute in ‘n Foutlose Wêreld
‘n Illustrasie deur Osvaldo Cabandoli (Cava) Een mooi somersdag sou ons skool ‘n sportdag aanbied. Die voorbereidings moes getref word en die akademie was ‘n bysaak op sulke dae, want daar was baie om te doen. Die lyne op die rugbyveld was dof en moes nuwe kalk kry. Al die apparate moes aangedra word. Ek…
Louis Esterhuizen. ‘n Projek oor gedigte wat onthou word
Tydens die Britse Gedigtedagvieringe op 2 Oktober, word ‘n besonder interessante projek deur die Cambridge Universiteit van stapel gestuur. Dié universiteit het naamlik ‘n navorsingspan onder die voorsitterskap van Andrew Motion saamgestel met as opdrag om vas te stel watter gedigte almal in die kollektiewe geheue van die Britse volk vasgelê is … In The…
Louis Esterhuizen. Verslag oor leespatrone in die VSA – jongeres lees meer …
Via ‘n skakel op Los Angeles Times se webblad lees ek ‘n artikel raak oor die leespatrone onder veral die sogenaamde “Millennials” (Amerikaanse jongmense tussen 16 en 29 jaar oud). Dié artikel bevat die navorsingsverslag wat deur die Pew Research Internet Project gedoen en pas gepubliseer is: “This report pulls together several years of research…
Louis Esterhuizen. Kyk, die wind het gewaai.
Een van my allergunsteling digters is verlede Vrydag, 5 September, in sy huis in Amsterdam oorlede. Gerrit Kouwenaar (1923 – 2014) was 91 jaar oud. Afgesien daarvan dat hy ‘n bepalende rol in Nederlandse digkuns gespeel het vanweë sy betrokkenheid by die Vyftigers en ook Cobra, was hy ook die digter van vele digbundels…
Louis Esterhuizen. Grzegorz Wróblewski, die passasier onderweg …
Een van die opwindendste wêrelddigters tans is sekerlik die Poolse digter Grzegorz Wróblewski (Gdansk, 1962) wat sedert 1985 in Kopenhagen woonagtig is. Met die verskyning van sy mees onlangse bundel, Kopenhaga (2013: Zephyr Press) het Piotr Gwiazda ‘n onderhoud met die digter gevoer vir die webtuiste Jacket2. Aangesien dit talle punte betrek wat tans ook…
Wicus Luwes. Op die spoor van die spoorsnyer
Foto: Kamberg rotskuns As jy die spoor van die Eland volg, moet jy weet wat die voorkant en agterkant van die spoor is. Jy moet weet hoe die mis van die dier lyk, sodat jy weet of dit vars of droë mis is. Jy moet weet wanneer die treë ver uitmekaar is en wanneer die…
Louis Esterhuizen. Die boekhandelaar se vreugde
Die afgelope maande was dit nogeens een van daardie sardientjietye in ons bedryf, in hoofsaak vanweë die akademiese verkope wat met die aanvang van die plaaslike universiteit (en skole) se tweede semester verband hou. Daarom dat een van die insiggewendste stukke wat ek in onlangse tye op die internet te lese gekry het, die digter,…
