Met apologie aan Eminem: Laat die regte koffie die lepel asb regop laat staan in die koppie. Ons kuier onlangs by vriende in ‘n poging om weer op te vang met wat in ons lewens aan die gang is en watter beter manier om dit te doen as met ‘n koppie koffie. (Die wyn…
Category: Blogs
Wicus Luwes. In beheer van die verkeer
Die eerste beweging: Eerste rat Die verkeer het ‘n persoonlikhied van sy eie. Dit het ritme, pouses en plekke om stil te hou. Ek dink dit klink soos ‘n konsertina wanneer dit by verkeerligte saampers en dan ooptrek soos wat almal dink dat hul een minuut vinniger by hul bestemming kan uitkom. Ek sal nie…
Louis Esterhuizen. Ritsos se dagboeke bekroon met vertaalprys
Archipelago Books het pas die blye nuus bekend gemaak dat een van hul publikasies, Yannis Ritsos se Diaries of Exile, wat deur Karen Emmerich en Edmund Keeley na Engels vertaal is, met die 2014 PEN Award for Poetry in Translation bekroon is. Yannis Ritsos is natuurlik een van Griekeland se vernaamste digters; ‘n digter wie…
Marlies Taljard: Koos Kombuis en die ‘i-Tjieng”
In sy Poëtika skryf Aristoteles dat die belangrikste eienskap van ʼn digter is om ʼn meester op die gebied van metafoorgebruik te wees. Betekenisgewing deur middel van metafore, vergelykings en simbole word oor die algemeen as kenmerke van poëtiese tekste beskou, benewens verdere aspekte soos klank, ritme, metrum, versbou en herhaling. Hieruit vloei voort dat…
Wicus Luwes. Dis in die sterre geskryf
Foto: Supermaan – Julie 2014 (Bron: http://www.businessinsider.com/supermoon-pictures-july-2014-photos-2014-7) Per geleentheid luister ek na Holst se ‘Die Planete’ in my TV-kamer en ek besef een ding: my TV-kamer is te klein vir hierdie musiek. Ek dink dit moet ongelooflik wees om dit in ‘n groot teater te kan hoor. Ek dink toe verder dat indien ek dit…
Wicus Luwes. Vier troues tussen die Lykdigte
‘n Troue is so ‘n praktiese affêre. Dis so ‘n heilsame affêre. Die wêreld skiet tekort aan heilsame gebruike. In ‘n wêreld waar niemand verbind wil wees nie, is dit eintlik interessant om te sien dat mense nog meemaak aan so ‘n seremonie. Vroeër-jare het die spreekwoord gelui: Trou is nie perde-koop nie, maar ek…
Gisela Ullyatt. Om te vergeet.
Ek wonder of ek in die minderheid sal wees as ek bieg dat ek soms erg bekommerd raak oor my geheuefunksies. Dis byvoorbeeld ver bo my vuurmaakplek (ek sal meer as net vingers verbrand) om enige gedig voor te dra, omdat ek bang is ek laat ’n essensiële woord uit. Of versreël. Of strofe. Ek…
Wicus Luwes. Die gedig as balanseer-toertjie
My sjampoe het meer balans as ek: “Infused with therapeutic Sandalwood to help balance and calm” staan dit lewensgroot op die etiket. Wie is ek om te stry? Ons wil mos almal balans in ons lewens hê. Wat is balans anders as ‘n teenvoeter vir die daaglikse chaos of gebrek aan beheer wat ons ervaar….
