Kunswerk: Sarang Purandare Kurt Cobain, unplugged jy krimp op in ’n oorgroot knooptrui jou lewe kringfluit die hees windbars in jou stem, nou ’n finale knalsein jou begrafnislelies en kerse wag geduldig op jou heart-shaped box jou eie grunge het jou ingehaal want jesus roep jou…
Category: Blogs
Wicus Luwes. Rookseine uit Rusland
Moeder en Vader. Sout en Peper. Mes en Vurk. Rusland en Oekraïne? Dinge wat bymekaar hoort het gewoonlik iets in gemeen – ‘n liefde vir musiek of dieselfde sportspan. Ek hoor oor die radio hierdie week dat Chris Martin en Gwyneth Paltrow se paaie gaan skei. Die probleem is egter die kinders wat hul deel…
Marlies Taljard: Herwonne land in beeld
Die term ekfrasis het sy oorsprong in die klassieke retorika – die kuns van oorreding – waar dit as stylfiguur gebruik is om ʼn gebeurtenis of ʼn voorwerp so duidelik voor die oog te roep dat die luisteraar dit as’t ware voor sy geestesoog kon sien. In die eerste hoofstuk van sy Poëtika wys Aristoteles…
Wicus Luwes. Perde en Poësie
(Cecil Skotnes se werk oor Wolraad Woltemade) Ek moet ophou om vleis laat in die aand te eet – veral die koue braaivleis uit die yskas. Die dinge wat my pla volg my dan rond in my drome of my drome gee my nuwe dinge om oor bekommerd te wees. Met die nasionale verkiesing om…
Wicus Luwes. Die waarde van woorde
‘Righty tighty Lefty loosy’ As alles maar net so maklik was om te onthou. Daardie paar woorde is so eenvoudig en tog so belangrik as jy in die waskamer instap en voel hoe die kouse aan jou voete nat word (en jy besef die kraan moet toegedraaai word). Sommige woorde is nou maar net van…
Marlies Taljard. Dans met die Minotaurus
“Vir my is die Minotaurus die versinnebeelding van kreatiwiteit en die kunste. Hy is een van die basterkinders van die verbeelding. Maar die soektog na die Minotaurus is ʼn gevaarlike pad om te loop. Mý doelwit is nie om hom dood te maak of te keer dat hy my vermorsel nie, maar om met hom…
Louis Esterhuizen. Charles Ducal ingehuldig as Belgiese Dichter des Vaderlands
Gister is Charles Ducal (foto) as België se eerste amptelike Dichter des Vaderlands ingehuldig. Hierdie stap volg natuurlik in die spore van die Nederlandse voorbeeld en het as oogmerk om al drie amptelike Belgiese tale te bedien. Die idee is dat die Vlaamssprekende Ducal na sy tweejaardienstermyn deur ‘n Franssprekende digter opgevolg sal word. Volgens…
Louis Esterhuizen. Die sterwensberou van W.B. Yeats
Gister, 75 jaar gelede op 28 Januarie 1939, het William Butler Yeats (foto) in ‘n gastehuis, waar hy tuisgegaan het aan die Franse Riviera, gesterf. En om dié dag te herdenk het The Atlantic ‘n berig geplaas oor die drie gedigte van Yeats wat ten tye van sy dood in die tydskrif se uitgawe…
