Hoe meer elders, hoe meer tuis Louis Esterhuizen in gesprek met Marlies Taljard oor sy nuutste bundel, Amper elders. Louis, eerstens baie geluk met ‘n besonder sterk bundel! Die buiteblad is een van die treffendstes wat in ‘n lang tyd verskyn het. Dit hou duidelik verband met die eerste gedig in die…
Tag: Louis Esterhuizen
Louis Esterhuizen – vertaling in Engels
Louis Esterhuizen – vertaal deur/ translated by Charl JF Cilliers & the author Louis Esterhuizen obtained a B.A. (Hons) in Afrikaans at the University of South Africa. He taught at various schools and later became deputy principal of Pretoria Boys’ High School. In 1999 he moved to the Cape where he became department head in…
Louis Esterhuizen wen die Proteaprys vir Poësie vir 2011
Tydens die 7de jaarlikse Versindaba wat op die kampus van die Universiteit van Stellenbosch gehou word, is die Proteaprys vir Poësie vir die beste Afrikaanse digbundel van 2010 op Saterdagaand 24 September 2011 by die Lanzarac Hotel, vir die sewende keer oorhandig. Die wenner is vanjaar Louis Esterhuizen vir sy bundel wat die water onthou. Baie…
Andries Bezuidenhout. Die gebou as gedig – oor biblioteke in Kopenhagen
Ek het die onderhoud wat Louis Esterhuizen met Andries Samuel oor sy digbundel Wanpraktyk gevoer het baie geniet. Lees dit hier. Andries wil hom nie in ʼn blik laat druk as dit kom by die verhouding tussen sy werk as argitek en sy digkuns nie. Hy noem dat hy sy eie lewe nie ironies ervaar…
Digstring indeks
Hierdie inisiatief is na die voorbeeld van Brian Brodeur se hoogs suksesvolle weblog “How a poem happens“. Hiervolgens word op ‘n bepaalde gedig gefokus aan die hand van ‘n aantal standaardvrae aan die digter ten opsigte van die ontstaan van die betrokke vers. Ons glo dat gevestigde sowel as aspirant digters dié aaneenstring van digter en…
Joan Hambidge. Versindaba-kroniek 2010
Die gedig as kleitablet, sakrament of sms Joan Hambidge I Agtergrond: Die jaar 2010 het ʼn hele gerf goeie bundels opgelewer en in hierdie oorsig fokus ek hoofsaaklik op solo-bundels. Daar is uiteraard die Nuwe stemme 4-reeks, wat uitvoerig bespreek is op die blad (1) en die Versindaba-bloemlesing. Lina Spies se keuse uit…
Louis Esterhuizen. Kattebak-blues
kattebak-blues ek dink daar’s iets agter in die kattebak ek vermoed venyn van lank tevore met handsak, trui of jas – dalk ‘n noodwiel, gereedskap of ding wat nie werk nie ek vermoed hobbelpaaie van verdwalings, die skuilings teen koue ek dink daar’s iets agter in die kattebak ek vermoed ‘n man in…
Louis Esterhuizen. Suiderland-blues
Suiderland-blues Kollokwium, 17 September 2010. Stellenbosch It occurs to me that I am America. I am talking to myself again. – Allen Ginsberg (uit: America) * Suiderland, o Suid-Afrika – land is jy van verplooide dongas en slote land van hoogtes en in jou laagtes die beendere van…
