Menu
Versindaba
  • Nuwe Bundels
    • Digbundels (2024)
    • Digbundels (2023)
    • Digbundels (2022)
    • Digbundels (2021)
    • Digbundels (2020)
    • Digbundels (2019)
    • Digbundels (2018)
    • Digbundels (2017)
    • Digbundels (2016)
    • Digbundels (2015)
    • Digbundels (2014)
    • Digbundels (2013)
    • Digbundels (2012)
    • Digbundels (2011 & 2010)
  • Resensies
    • Resensies
    • Resensente
  • Gedigte
    • Gedigte (A-L)
    • Gedigte (M-Z)
    • Kompetisies
    • Vertalings
      • 100 Duitse bestes uit die 20ste eeu
  • Digters
    • Digters
    • Onderhoude
    • Stemgrepe
  • Skryfhulp
  • Borge
  • Oor Versindaba
    • Kontak
Versindaba
8 September 2009

Pres. Obama se onrealistiese leesprogram

Barack die Leser
Barack die Leser

Volgens die Daily Telegraph het president Barack Obama verlede week met vyf boeke in sy tas op verlof vertrek na die gesogte vakansiebestemming Martha’s Vineyard in Massachusetts. Aangesien pres. Obama al by verskeie geleenthede met ‘n gedugte (sowel as gedigte -) boek  onder die arm opgemerk is en klaarblyklik wens om hom as ‘n “lesende president” voor te hou, was daar groot belangstelling in presies watter boeke hy saam met hom gevat het. Dit is naamlik “Hot, Flat And Crowded – Why We Need A Green Revolution And How It Can Renew America” ( Thomas Friedman), “The Way Home” (George Pelecanos), Lush Life (Richard Price), Plainsong (Kent Haruf) en laastens, ‘n biografie oor John Adams (die tweede Amerikaanse president) deur David McCullough. In totaal 2,300 bladsye se leeswerk …

Dit is egter nie die president se keuse van twee swaargewig nie-fiksie boeke, saam met die twee misdaadrillers en ‘n boek oor landelike bestaan in Colorado, wat die wenkbroue laat lig het nie; nee, dis veeleer sy verklaarde voorneme om hom by ‘n vaste leesskedule van 300 bladsye per dag te hou. Sjoe, dít wil gedoen wees …

Kyk ‘n mens egter na die kommentare onder aan die Daily Telegraph se berig, wil dit voorkom asof die meeste mense bra skepties staan hierteenoor. Etlike kommentators is openlik van mening dat hierdie lys van boeke darem té veel neig na politieke korrektheid met ietsie daarby wat elke minderheidsgroep in die VSA “behoort” te beïndruk.

Mmmm. Miskien het die skeptici ‘n punt beet, geoordeel aan die onrealistiese leesskedule. Want sou, pres. Obama byvoorbeeld 8 ure per dag ononderbroke lees (wat sekerlik vergesog is), sal hy ten minste 1.6 bladsye per minuut moet lees. En dít is myns insiens pure wensdenkery.

Tog bly dit interessant om te sien hoe ver die skadu van politieke oëverblindery val, is dit nie? (Indien jy lus het, kan jy ook hierdie Nuuswekker lees waarin berig is oor ‘n Poetry jam wat enkele maande gelede in die Wit Huis deur pres. Obama en sy vrou, Michelle, aangebied is.) 

Ten slotte is dit aangenaam om Yves T’Sjoen as ons nuwe blogger te verwelkom. Yves is hoogleraar aan die Universiteit Gent en besonder goed op hoogte met die Afrikaanse digkuns vanweë sy betrokkenheid by verskeie projekte saam met plaaslike akademici. So het daar onlangs nog die versameling essays, Over grenzen – Oor grense verskyn wat hy in samwewerking met prof. Ronel Foster van die Universiteit Stellenbosch saamgestel het. (Lees die Nuuswekker wat hieroor gehandel het.) Tans is hulle besig om te werk aan ‘n bloemlesing vir Afrikaanse, Vlaamse en Nederlandse digkuns. Yves se verkorte CV kan solank hier op sy blogruimte gelees word. Hy sal wel mettertyd sy eerste aflewering plaas.

En bly tog uit die pad van veldbrande vandag. Hulle kom dikwels gebaadjie en gedas op jou af.

Mooi bly.

LE

Deel:

  • Share on Facebook (Opens in new window) Facebook
  • Share on X (Opens in new window) X

Like this:

Like Loading…

Lees meer

← Alliansie met De Contrabas
Yves T’Sjoen. Leesnotities. Stille waters hebben diepe gronden →

Lewer kommentaar Cancel reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Meeste gelees

  • Resensie: "Ontbloot" (Marthé McLoud)
  • Resensie: “Merang” (Neil Cochrane & Alwyn Roux Reds.)
  • Resensie: “Dwaaldae” (Andrea Sieberhagen)
  • Resensie: “Klaarte” (Louis Esterhuizen)
  • Resensie: "Skulpkrale: Kwatryne" (Marié Heese)

Nuutste bydraes

  • Joan Hambidge. Brief aan die tinktinkievrou
  • AVBOB Persverklaring
  • Miel Vanstreels. Maastricht – Godsheide
  • Marthé McLoud. Wring
  • Marthé McLoud. Nagmerries

Nuutste kommentaar

  1. Toekie on C Fritze. Oorskot van die dag3 June 2026

    So goed geskryf. Geniet altyd jou poësie. Sien uit na die volgende een.

  2. Joan Hambidge on Johann Lodewyk Marais. Blesbok2 June 2026

    Pragvers Johann. Maak 'n bundel hiervan.

  3. Riaan le Roux on Riaan le Roux. Verstil31 May 2026

    Foto wat beweegrede was vir my gedig: https://www.theguardian.com/artanddesign/gallery/2026/apr/10/the-week-around-the-world-in-20-pictures#img-2

  4. Johan Coetzee on RIV Francois Wahl de Jongh (14 Maart 1951 – 21 Mei 2026)30 May 2026

    Hartseer.

  5. hannes visser on Resensie: “tussen asem” (Hannes Visser)28 May 2026

    Baie dankie Marlies. Groot waardering.

Kategorieë

  • Artikels, essays, e.a.
  • Binneblik
  • Blogs
  • Digstring
  • Gedigte
  • Kompetisies
  • Nuus / Briewe
  • Nuwe Publikasie
  • Onderhoude
  • onderhoude
  • Resensies
  • Stemgrepe
  • Uncategorized
  • Vertalings
  • VWL 50 jaar later
  • Wisselkaarten
©2026 Versindaba | Ontwerp deur Frikkie van Biljon
%d