Vul ‘n skedel eerder met wyn as pes, grond en erdwurmslym; ‘n kopbeen is beter so herbestem – die inhoud oplaas deursigtig en rein. © Marieta McGrath, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (85)
By Wellington vroeër Von Wielligh se Leeuedans-plaas, met gepraat in Maleis en Afrikaans. Verdwene die stemme, die mense, die tale: net Covid-se-rooiwyn bring nog ‘n trans. © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (84)
Neus-in-die-glas ruik donkerpers die druif, Wellington-grond die geur wat daar stuif: Hawequa-skadu oor Merlotstam maak grendeltyd ‘n fluweelsagte duif. © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (87)
Segetog Homerus skryf: “We sacked the city and destroyed the race!” Wim (met Afrikaanse van) wil hoër styg innie dorp van Van der Stel (vol Afrikaanse digters en vol wyn), het hy ook Die Taal as brandsiek-Kouwitvirus uitgewys… © Lizzie Jantjies, 2021 https://www.youtube.com/watch?v=x5nJxNnnd9E
Kwatrynkompetisie (83)
Twintig jaar in eikehout bewaar dan gebottel vir nog ‘n jaar: ingeperk soos die Cabernet sit hul na die blouberge te staar. © Helize Janse van Vuuren, 2021
Kwatrynkompetisie (82)
Reisplan Is dit die pad na Langverwacht? Of kronkel dit na Nooitgedacht? Of is die toer vir my beplan Van Zuurbekom na Verneukpan? © Wena Maartens, 2021
Kwatrynkompetisie (81)
Die Boland huil die wingerde kantel in herfskleure bye brom agter verdwene geure gedwonge kluisenaarskap dwing mens na gemaskerde soet in wegkruipskeure © Anzé Bezuidenhout, 2021
Kwatrynkompetisie (80)
Gedig onder covid ‘n Jongwynkwatryn moet sewe jaar se kelder hê volgens ‘n fynproewer wat hom verkeer wil ontsê, maar vergeet dat wyshede dwaal uit Dionusiese feeste en geheime verklap wat die boeket onderlê. © Pirow Bekker, 2021
