54 Onseker is die Covid 19 toekoms Ons wonder oor die entstof uitkoms In die wingerde groei die druiwe vir die wyn Jy sal nie wonder oor die herkoms 55 Die verkope van wyn het stil gaan staan Baie mense se heenkome van die baan Die Covid regulasies was die vlieg…
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (52&53)
52 Van Covid 19 storie kan mens nie veel glo Party sê sus en ander so Maar in die wingerde het ons aanhou werk Iewers in die toekoms is wyn weer bo * 53 In die wingerde doen ons als net reg Dan mense, is die wyn nooit sleg Covid…
Kwatrynkompetisie (50&51)
50 Van veel plesier het Covid 19 ons beroof Ure is daar in en uit die wingerde gesloof Uit hierdie kelder kom daar goeie wyn Hier is dit weer , soos beloof * 51 Covid 19 het probeer my van my wyntjie te speen Ure lank het ons in die…
Kwatrynkompetisie (48-49)
48 klink op gesondheid nou ‘n kelkie wyn! erken die ware gewydheid van ons samesyn verlig om kaalvoet in die son te bly lewe: hoe vergal was al ons nagte tog in kwarantyn! * 49 gegroet! klink op gesondheid nou ‘n glasie wyn om dit weer reguit te stel in…
Kwatrynkompetisie (47)
Hoe? Hoe sou ’n mens die skakerings beskryf? Die geure, die smake, die keurwyn se lyf? Hoe sou ’n mens die pes kan verstaan as jy nie met mondjiesmaat die lewe bedryf? © Ronel de Goede, 2021
Kwatrynkompetisie (46)
Vier reëls oor lewe, die pandemie en die dood en oor dieselfde gis as die in brood wat in ‘n wynvat die ou patroon herhaal van nuwe lewe in die moederskoot. © Martieta McGrath, 2021
Kwatrynkompetisie (45)
Die digter Omar Khajjam was ’n Pers wat die rooiwyn berym in vers ná vers. Eeue later land Hugenote aan die Kaap met húl psalms en eie druiwepers. © Daniel Hugo, 2021
Kwatrynkompetisie (44)
Wingerd Ons land, gebuk aan kwarantyn, weet soms nie of die son nog skyn. Maar kyk die wonderwerk: uit son, uit lug, uit water kom wyn. © Marieta McGrath
