99 onder aan die helling van die moordenaarsberg breek ons brood, drink wyn, en skerts en lag en terg tot lank na die sonsak die skadu’s wyd gesprei het oor ons samesyn wat, Goddank, selfs die pes verdwerg * 100 vergeet van taks, vergeet die pes vergeet van skelms, en moord’naarsmes trek…
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (97)
middelklasskemer ek hoor die buurvrou stofsuig neuroties: die plek is al donker mens sien haar gewoonlik met ‘n korrelpers masker die huise staan hier na aan ‘n wingerd: hoë stokke, droë grond so agtermekaar hou sy dinge vir haar eie mistieke wynmaker © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (96)
Die oes ‘n ned’rige koringkorrel val en sterf en so word jaarop se roem-oes verwerf ‘n druiwedop bars en bring voort edelwyn ‘n kroonpes bring dood; ons sal lewe erf © Elzbé Viljoen, 2021
Kwatrynkompetisie (94&95)
94 Parskuipe wen wingerde met merlot en cabernet het meer as sewe jaar droogte gely maar selfs ‘n onbekende sluiperpes kon die parskuipe nie leeg laat bly * 95 Vra vir Khajjam vir ‘n kwatryn oor wyn gaan na o khajjam die digter van ‘n edel persiese stam…
Kwatrynkompetisie (92&93)
92 Ontkenning pak vir ons ‘n knapsak met brood en wyn na waar skerwe son deur die blare skyn sodat ons bandeloos kan eet en drink in die waan dat die virus gaan verdwyn * 93 Kaapse kwatryn as jy my post-virus sal staat’n vra watter las die…
Kwatrynkompetisie (91)
Ons leef die lewe van kring tot kring in diepe verwond’ring oor menige ding. Druiwe word gepars, mense gelouter om midde-in pandemies en sterstondes die lewe te besing. © Elisabeth Hentschel, 2021
Kwatrynkompetisie (89&90)
89 Die nadors en die babelas se piep is beter as die pes wat diep soos bloedwyn deur die are kruip, wingerd- beter as virusgriep. * 90 Gesondheid! Laat ons ʼn glasie klink tot die wyn in ons are vloei soos ink en ons rympies maak, tra-la hoera. Weg met…
Kwatrynkompetisie (88)
veritas wie nou sag sweer ag, in virus veritas is net nie reg, nee kom maak eerder ‘n las want hoe later met hierdie pes hoe kwater kry die wynman bid vir daai kelder en hou jou glas © Waldemar Gouws, 2021
