hier is ‘n vers in my taal op ‘n bottel hier is wyn, skaaptjops en ‘n braaiskottel maar ek sit sonder jou en jy sonder my want ‘n virus het ons wêreld kom betottel © René Bohnen, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (121)
my gedigte my wyntjie en ek sit al ‘n jaar op hierdie een plek gegrendel gebottel gestrand met covid wat aan ons longe lek-lek © René Bohnen, 2021
Kwatrynkompetisie (120)
ons weet mos nou al ons dae is soos gras op die skaakbord staan ‘n bestemde uurglas langs my selfoon, beursie, ‘n masker en my doepa teen die virus, my rooiwyn paljas © René Bohnen, 2021
Kwatrynkompetisie (119)
om kind te wees, ’n weeskind tengerfyn sy grif haar stokkiesprent op my kwatryn sal tyd haar beeldjie kan beskut … haar toe kan vou tot ek haar knus mag vind in glinsterwyn © Ollie Olwagen, 2021
Kwatrynkompetisie (118)
Deur Covid tot stilsit gevonnis, Ervaar ek wat dors en wat eensaamheid is. Tog vertroos die goue sap van die druif my: Vriendelike vog wat verheug en verfris! © Gunther Pakendorf, 2021
Kwatrynkompetisie (117)
(inderdaad pesnuus) die son skakeer ‘n uitgesoekte lap van ons landskap nou in ‘n kleur van die ou praktyk met roode sap die oes is gepars die voltrekking daar op die gismoer moet begin maar kyk die voorman is afwesig besig om die hout vir vate flenters op te kap © Waldemar…
Kwatrynkompetisie (116)
Waterkrag /xam-ka !ke-ten /ne ta, !khwa: /i: ki ta§-i tƒwen-ta -ku [boesmans sê, water dra alles weg – Chrissiesmeer-batwa] Die kersvlam druip nou klein, ontlaer en ontheem, net die Kouwit-steenuil wat nog prewelend ween: “dis bloed wat hierdie oord se bossie-wortels voed”. Drink mêr-lou(w). Tale sypel weg, elke kieselsteen. © Helize Janse…
Kwatrynkompetisie (115)
Chanson Skink woorde, lief, uit die bokaal, dat ons mekaar besing in taal – geïsoleer, verskans teen nood, sing ons van laafnis, atonaal. © Alwyn Roux, 2021
