Wynlandidille ‘n Digterlike wa in die wingerd, ‘n vierperdewa – hoeveel meer kan ‘n boer op so ‘n goeie môre nou vra? Sy naam is “kwatryn”: van quattuor – vier rigtings waarin vanuit die vrag vreugde kan sprei oor perke en plae. © Pirow Bekker, 2021
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (76-78)
76 Pasop vir wingerdgriep Covid sal dit laat verdiep Geniet ‘n glasie lekker wyn Goeie druiwe was opgepiep * 77 Goeie wingerd , lekker druif Ons moet net vir Covid gou verskuif Wie kan al die stories glo Kom ons maak die wyn en fuif * 78…
Kwatrynkompetisie (74&75)
74 Die pandemie vra so baie van mense: offers en die prysgawe van wense. Nuwe wyn vra nuwe sakke, die nuwe normaal vra hoop, geloof en liefde sonder enige grense. * 75 Pandemie en inkluistering vra nuwe verse, want woorde bring lig soos kerse, woorde verander water in wyn en omvou…
Kwatrynkompetisie (73)
Die jakkalsdruif Selfs ná ‘n pes kan wyn weer helder skink maar die jakkals moet eers in die wingerd verdrink. Die natrossies het nog temperament kom my geliefdes laat ons glasies klink! © Sharon du Preez, 2021
Kwatrynkompetisie (71&72)
71 Kom dans, Klaradyn, en klink saam met ons ʼn glasie wyn op die kosbaarheid van lewe, en die wete dat die môrester ook in die pandemie-donkerte skyn. * 72 In die nagstilte van die inkluistering hoor ek die magiese fluistering van die herfswind wat deur die wingerd ruis en die…
Kwatrynkompetisie (70)
Kovid, ko-habitat, onvermydelik saam, gedeelde bestaan gesteelde lewe, wet van mede en perse. Maar vriende, hef aan, laat ons skink uit die son, uit die druif, kom ons klink ‘n glas en vergeet nie ons vrolike liedere nie, kom ons sing ons viva la vida’s! © Nicolaas Geldenhuys, 2021
Kwatrynkompetisie (69)
pandemie, massahisterie skree luid; van noord, oos, wes en ook verder as suid drink ons nou die gepreserveerde druif sommer direk uit die wynbottel uit © Anzé Bezuidenhout, 2021
Kwatrynkompetisie (68)
Onder die stert smeersels terpentyn as êrens nog neurie ’n serafyn. Bedroesemde wyn uit die ou seemanskis: skink nuwe rooies vir kwarantyn. © Helize Janse Van Vuuren, 2021
