-waarts! eg waarheid? hoe laf daardie idee is mos oor die muur jou portuur se prêt-à-porter dien doodreg vir elke liewe uur mens neem feitlik die hele heelal oor so voetstoots g’n bolkopvirus gaan ons aanlyn vonkelwyn versuur! © Waldemar Gouws
Category: Kompetisies
Kwatrynkompetisie (110-112)
110 Wynmaker 2020 Met druifblaar-aar en wingerdrank geblus, verras-verraai deur sluwe viruskus – pleit hy om dié beker se verbygaan dat Bacchusstaf op hierdie (r)oesjaar rus. * 111 Getrou, die wingerd Die wingerd’t kil in heiligheid gely, haar stil stem verhef teen dwingelandy – dog haar masker getrou, gedweë…
Kwatrynkompetisie (108&109)
108 Gekelderde sorge in die Kaap by Mont du Toit se Kelder maak pandemie se wag die smaak helder want druiwe gis goed in boepensvate dan word sorge vergeet en gekelder * 109 Wingerdbloed daar by die Hawequaberge se voet iewers in Wellington distrik se gloed gemasker, gehok…
Kwatrynkompetisie (107)
daai bottel ai daai besige bottel! mense, keer dat hy vergaan kry ‘ie virus onner ja dink vinnig voor jul naderstaan dis allie hanne son en water oppie suidelike grond wat daai bottel somme’ gou so op sy kop ga’t staan! © Waldemar Gouws, 2021
Kwatrynkompetisie (98)
Tydlyn 2019 vra n sjinees ‘wat skort?’ 2020 is toe sonder sport 2021 bring min wyn, dan baie 2022 ho’ nou! die lewe is kort © Elzbé Viljoen, 2021
Kwatrynkompetisie (105&106)
105 Ons sit gekurk agter die deur van ons huis gemasker wys ons die virus die vuis die wyn lê in koel, donker kelders – té stil buite bedaar die verkeer se gedruis * 106 skryf jy vir ’n kwatrynkompetisie? drink jou wyn, gaan vertel die polisie wat glo dit…
Kwatrynkompetisie (104)
Genoeg Gesondheid! klink n glas teen n glaas Gewaarsku! lui die 6-uur nuus relaas Genugtig! galm die hospitaal se kreet Genade! roep ons ten hemele oplaas © Elzbé Viljoen, 2021
Kwatrynkompetisie (103)
’n bukkende oes, pars, preserveer in franse vate gefermenteer bloedsweet om ‘n louwarm entstof druppel vir druppel te botteleer © Olga Leonard, 2021
