Beenaf Vir etlike jare al is my bene nie lekker nie, in hoofsaak weens te veel van te veel, jy weet: sukkel met hoë suur, linkerknie wat lol en soms – enkel, maar loop sal ek loop, stram en seer, hinkepink, wankel, rondomtalie, bokmakierie, ritteltit en riel, stoftrap, hoogskop en pronk en…
Category: Kompetisies
Louis Esterhuizen. ‘n Handvol pille
ʼn Handvol pille Soveel geraas, alle groottes en kleur: pers en blou, bloupers en wit, of geel, rooi as tablet of kapsule, pille vir die op en die af, vir sywaarts, wakker of slaap, sooibrand, cholesterol en bloeddruk, pille vir die huil of angs, vir iedere mankement, pille, pille, vir dié…
Louis Esterhuizen. Wat die duif my vertel het
Wat die duif my vertel het Vergelegen Medi-Clinic, 3 Julie 2010 Die duiwe van Somerset-Wes se taalgebruik is nie alte suiwer nie. So ry ek op dié betrokke Saterdag agter die ambulans aan op die kortste stukkie pad wat ʼn leeftyd duur tussen huis en harteenheid. Dis waar Vergelegen se duiwe sommerso…
Elmarie Nienaber Van Kampen. Alzheimer
Alzheimer soos smeulende hitte vlamloos en langsaam woord en papier kan verteer word denke en geheue onstuitbaar en tydsaam deur alzheimer onteer © Elmarie Nienaber Van Kampen, 2023
Elmarie Nienaber Van Kampen. beroerte
beroerte die sieke in die privaatkamer se familie kyk groot-oog hoe die suster nogal onsag sy linkerlamte behandel en hul noem aan haar … sy gesig hang nie eens leep-oog ~ soos mens maar verwag ~ hy lyk dieselfde alkant en dit is vir hul erg dat sy dié beroerte só…
Riaan le Roux. Seine
Seine in Indië, onder dié vir wie mense die gesig weg- draai, ontvang Paul Brand ‘n wekroep oor gevoelloos raak, snap hy die nood- saak van seine © Riaan le Roux, 2023
Riaan le Roux. Kragnood
Kragnood so hittete het ‘n inbraak-bymiddel sy troue sentrale uit diens gedwing ingrypseine flits: bring gereedskap, medisyne daar waar krag aan ‘n draad © Riaan le Roux, 2023
Riaan le Roux. Kritieke plastieksak
Kritieke plastieksak ‘n vol dag ten spyt word armprik verdra minute van uitloop … om doodswit verlep met rosige terugvloei te troef © Riaan le Roux, 2023
