Brandwaglimfknoopbiopsie dit is belangrik in die behandeling van borskanker om te weet wat in die limfknope aangaan die brandwaglimfknoop waar kankerselle eerstens in sal dreineer is geëvalueer tydens my mastektomie maar toe ek brandwag hoor, het ek gedink aan Hamlet en die sneeuwind wat yskoud waai op die skansmure van Elsinore-kasteel, waar…
Category: Kompetisies
Annora Eksteen. Mastektomie
Mastektomie daarna, so lees ek nou, was dit net ‘n reeks X-straal-foto’s dit kan ek so vaagweg onthou en ek lees van Wilhelm Konrad Röntgen verdiep in sy proefneming, en dan – sy vrou se handskelet Anna Bertha met ‘n ring van trou sigbaar en die kleur van vel val net wit bene…
Annora Eksteen. Karsinoom
Karsinoom mediese personeel wat rondspoel soos skulpe in ‘n seepoel en Mahler-woudhorings roepend deur mis in weiter Entfernung stemme oor ‘n biopsie en ek was aan die omslaan yskoud dood verward vervrees met ‘n naald in my linkerbors en in ‘n naar floute het die Maandag swart geswem om my maar die…
Annora Eksteen. Diagnose
Diagnose en ek reflekteer van lug daarbo tot waaiende gras van wind wat speel deur snare van ‘n harp dat die natuur geen notisie geneem het van my goeie prognose ook lankal die wete – ek was gelukkig ek kon my kinders sien grootword my waarde het net verminder, so het…
Yolanda Faye Holden. Histerektomie
Histerektomie Herinneringe, minnaars asook miskrame in beenwieg gebaar uit die bekken van geheue genadeloos skoongevee. © Yolanda Faye Holden, 2023
Yolanda Faye Holden. Herkonstruksie
Herkonstruksie Beweeglikheid deur ‘n gewrigtige las ingeperk, sitoplasma en kern van sluimer ontneem. Te doring om teen die prikkels te skop word sy kundig oopgeslag en ontbeen. Waar die femur by bekkenbeen aansluit pas prostese van keramiek en vlekvrye staal: outografies in die vlees uitgeskryf as die chirurg se mediese mylpaal. …
Yolanda Faye Holden. Nervosa
Nervosa ib In die begin het Maät bespeur dat hartversaking aan die wanorde van die honger heelal was. Voorts word massa teen ’n veer geweeg: word te lig, maar meestal gewigtig geleef. khet In die esofagus se beker bly voedigswaarde ’n mite, word peristalse op sy kop gedraai. Ensieme versnel voedselafbraak …
Leunis van Rooyen. nood
nood ek sluk swaar aan die dik wit sediment van sulfaat gaan lê roerloos op die naat van my rug op die harde bed die skanderingsapparaat tas my inwendige af vreemde koppe tuur teen die lig ondersoek die film murmur onderlangs oor die ingewande vertakte buisies in die long en verkalkte werwels wat…
